31/12/2023
Aan ons Kinders, Familie en Vriende.
Ons maak hierdie boek toe 2023 (ou gedagte patrone wat gevorm is deur vorige gebeurtenisse)
Ons stap die nuwe jaar in met 'n nuwe gedagte bewustheid.
Dis Christus wat leef in my.
SELF is gekruising saam HOM.
Ons het opgestaan as een nuwe mens in Jesus, die oue is verby. Die nuwe het gekom!
Leef dié nuwe jaar in daardie bewustheid dat vlees nie jou identiteit is nie maar dat jy 'n nuwe lewende skepsel In Hom is.
Hy het ons vrygemaak van ál ons gisters.
Alles wat in jou geheue vassteek wat gister jou afgebreek en seer gemaak het, sny af en leef die nuwe mens wie jy in Hom is - dis 'n keuse wat nét jy kan maak-nie op gevoel nie, maar in geloof.
Bedink lig, want Hy is lig.
Die duisternis het Hy reeds aan die kruis mee gedeel.
Maak Psalm 46 jou gebed vir 2024.
Daars 'n rivier met Lewende water wat ons almal se genesesing is.
Die vloei bring nuwe lewe voortdurend voort.
Dit is altyd nuut en in die moment.
Leef 2024 in die moment van die lewende water.
En blydskap sal jou elke dag vul met die goedheid van God.
Sy liefde wat ons toevlug is en waar ons altyd in Hom ons skuiling vind.
God met ons. Ons is Sy tempel, Sy rusplek waar Hy in woon.
Ons is een met Hom in Gees en niks kan ons van hierdie band skei nie.
Sy nuwe verbond wat ons huwelikskontrak is met Hom.
Niks kan ons daarvan skei nie.
Gaan dus die ou jaar uit met die wete: Sy genade is nuut, elke more en veral môre se more in - 2024!
GESEËNDE NUWE JAAR! 💕