28/07/2024
‘n Baie groot dankie aan almal wat deel was van hierdie spesiale geleentheid…✨🌟🤠🎤🎶
Baie dankie vir almal se ondersteuning om ‘n jong meisie se droom te help waar maak, sonder julle sou niks hiervan moontlik gewees het nie.
Baie dankie aan HTS Middelburg vir die gebruik van die saal, ons waardeer dit opreg.
Baie dankie aan al ons kollegas by Van Deventer & Campher Attorneys vir julle hulp en geduld met die kaartjie-verkope.
Baie dankie aan Hermie Pienaar wat vir ons die konsert kom open het. Jy gaan nog groot hoogtes bereik en moet nooit ophou om jou talent met ander te deel nie.
Baie dankie aan Cordelia wat ten spyte van ‘n baie lang dag, ons kom vermaak het met haar mooi musiek en pragtige persoonlikheid. Mag die Here jou pad vorentoe gelyk maak en jy nog baie mense se lewens daardeur aanraak.
Baie dankie aan my partner-in-crime, Louise Snyman De K**k vir al jou en jou familie se harde werk, die help met die beplanning, die kos voorbereiding, die regmaak van die saal vooraf en die skoonmaak agterna… Julle is ysters!!
Baie dankie aan my familie wat my altyd ondersteun maak nie saak wat nie. Dat julle al my bevliegings sonder seremonie aanvaar en my deur dit alles dra. Ek is bitter baie lief vir elkeen van julle, en sou nie hierdie pad kon stap sonder julle liefde en ondersteuning nie. ❤️❤️❤️❤️❤️
En laaste, maar nie die minste nie…
Baie dankie aan ons Hemelse Vader aan wie al die eer toekom. Dankie Here dat U ons elke dag nuwe krag gegee het en elke keer uit die put van moedeloosheid kom uithaal het. Dankie vir die mense wat U in my lewe geplaas het wat almal sulke diep spore trap. Mag almal daar buite U liefde elke dag in ons lewens sien.
Ons loof en prys U Heer. 🙏🏻🙏🏻🙏🏻🙌🏻🙌🏻🙌🏻