Fund Your Cause

Fund Your Cause Fund Raising Events. NGO Project support. Funding projects for community support. Venue exposure

Ons was die afgelope ruk maar stil agv die klimaat en die onsekere tye waarin ons leef, maar ons het verseker nie stil g...
16/11/2021

Ons was die afgelope ruk maar stil agv die klimaat en die onsekere tye waarin ons leef, maar ons het verseker nie stil gestaan nie. Ons is huidiglik besig met 'n kos projek vir die kers seisoen om 150 gesinne by te staan deur n baie moeilike tyd. Ek heg bietjie meer inligting aan. Indien iemand dalk wil betrokke raak. Kontak ons gerus.

Wow!!!! Wat is suksesvolle en genotvolle aand was dit nie.  Dit was so lekker om weer net op 'n sosiale wyse met mekaar ...
20/09/2021

Wow!!!! Wat is suksesvolle en genotvolle aand was dit nie. Dit was so lekker om weer net op 'n sosiale wyse met mekaar te kon "connect" en weer met gemak te sit en smul aan ongelooflike kos en 'n lekker drink dingetjie. Alhoewel die koue ons so na 'n wyle stadig bekruip het, het almal nogsteeds 'n baie lekker tyd gehad.

Ons wil net spesiaal baie dankie se vir die volgende mense vir hulle borge en hulle ondersteuning. Daar is sommer 'n hele paar weg met 'n huppel in hul stap oor die opgewondenheid om van hulle pryse uit te toets.

Pieter van Rooyen vir die Activo Hamper
Monica van Health2Wellness vir 'n woolies voucher.
Jackie Rappard vir 'n Annique Hamper
Venessa Janse Van Rensburg vir 'n pragtige paar oorbelle
Liza Human van Smelly Owl vir 'n perfume hamper
Rule Bodenstein vir 'n Acrobranch Voucher.
Saskia van Nails & Things vir 'n Naels Voucher
Inge Strydom vir 'n his/hers Haarsny voucher.
En die groot prys van die aand vir Frik van Zyl van Kwaggas Pride Lodge vir 'n Naweek vir 4 by die lodge.
Green Olive Restaurant vir die gebruik van hulle venue

Dan wil ons ook dankie se aan Built It vir hulle gereelde ondersteuning en vir goeie gebaar om julle staf lede te bederf vir die aand.

Ons hou julle op hoogte oor wat volgende is.

Hallo julle.  Tyd stap al hoe nader en ons sien vreeslik uit na die geleentheid.  Ons het 'n paar awesome pryse wat ons ...
10/09/2021

Hallo julle. Tyd stap al hoe nader en ons sien vreeslik uit na die geleentheid. Ons het 'n paar awesome pryse wat ons gaan weggee op 'n paar gelukkige trekkings insluitende een baie groot prys. So kry jou kaartjies so gou moontlik en kom kuier saam.

07/09/2021

Kom geniet n heerlike aand saam. Ons het awesome pryse wat ons gaan weggee as lucky draws.

Die slim mense se ons kan uitsien na die einde van die 3de vlaag hier by einde Aug.  Daar is al klaar sprake van 'n 4de ...
21/08/2021

Die slim mense se ons kan uitsien na die einde van die 3de vlaag hier by einde Aug. Daar is al klaar sprake van 'n 4de vlaag in Desember. Kom en geniet elke oomblik wat ons tussen dit kan geniet binne perke en regulasies. Ons het mekaar nodig!! Kom geniet lekker kos en goeie musiek. Daar sal wel nogsteeds net beperkte plek beskikbaar wees, so spring gou en bespreek jou plek.

17/08/2021

Hallo julle. Hoop dit gaan goed met almal. Ons het 'n paar instansies asook projekte indentifiseer waar ons graag sal wil begin help en het gedink om net die name met julle te deel.
Tabita
Droogte hulp
G.I.R.L Projek
Koshuis projek.

Hierdie is net 'n paar wat ons nou in die kort tydjie identifiseer het en wil graag help om daar 'n verskil te maak. Ons kan dit slegs doen met almal se hulp en samewerking. Kom geniet van ons geleenthede saam met ons en leer meer oor wie ons is en wat ons graag sal wil bereik. Kontak ons gerus met enige vrae.

Kom aan ouens, kom kuier saam met ons. Maak dit 'n lekker aandjie uit saam met die spesiale persoon in jou lewe.  Date n...
17/08/2021

Kom aan ouens, kom kuier saam met ons. Maak dit 'n lekker aandjie uit saam met die spesiale persoon in jou lewe. Date night onder die bome, met goeie musiek en lekker gesellige atmosfeer. Tye en dinge is so onvoorspelbaar, kom geniet die kans terwyl hy daar is. Spring gou!!!! Daar is net beperkte plek beskikbaar.

Dis lente tyd, dis somer tyd, dit is kuier tyd!!!!Ons wil graag die aand saam met julle geniet.  Bespreek betyds om tele...
10/08/2021

Dis lente tyd, dis somer tyd, dit is kuier tyd!!!!
Ons wil graag die aand saam met julle geniet. Bespreek betyds om teleurstelling te voorkom

06/07/2021

As jy kies om alleen te staan en 'n storm of golf kom van voor wat jy nie kan weerstaan gaan hy jou omslaan en wat mense vergeet, dan is jy nogsteeds alleen en die kanse dat jy dan weer op jou voete kom vat ook baie langer as jy dit enigsins regkry. Wanneer jy inhak by ander en dit begin 'n ketting reaksie vorm dat almal bymekaar inhaak is die kans dat jy van jou voete af geslaan gaan word baie skraler. As jy wel omgeslaan word, gaan jy net so vinnig weer opgehelp word deur die mense wat by jou ingehaak het omdat jy heel moontlik daar was toe hulle nodig gehad het om opgehelp te word. Haak in en help mekaar staan.......

Onthou asb om betyds julle kaartjies te koop. Ons gaan lekker kuier.
05/07/2021

Onthou asb om betyds julle kaartjies te koop. Ons gaan lekker kuier.

01/07/2021

Lyk my ons is genoop om ook die volgende te doen en te vra...

Volgens die nuwe Popia wet wat 1 Julie 2021 in werking tree moet ek 2 vrae aan elkeen van julle as ondersteuners en lede van die blad vra.

1. Wil jy deel wees van hierdie Facebook groep?
2. Onderneem jy om geen van enige van die groep se lede se sigbare informasie elders te gebruik sonder hulle toestemming nie?

Indien jou antwoorde ja is, bly asseblief op die groep.
Indien dit nee is, verlaat asseblief die groep sodat ons in lyn met regulasies kan bly.

Dankie almal. 🤪 ♥️👍

28/06/2021

Hallo julle. Sjoe, hoe vinnig kan die lewe nie verander nie. Ons het so uitgesien daarna om saam met julle te kuier op 2 Julie, maar ons weet die geleentheid sal kom.
Ek wil julle net bietjie meer vertel oor ons en wat ons beoog. Ons is nou al so in die omgewing van 4 jaar baie nouliks betrokke by liefdadigheids projekte. Wat baie opvallend was tydens die tyd is hoeveel mense vir ons kom se het dat hulle graag sal wil betrokke raak, maar hulle weet nie altyd hoe en waar nie. En vandaar het ons die innitiatief geskep Fund YOUR Cause. Die idee is om 'n tweesydige doel te dien. Eerstens om die instansies om ons blootstelling te gee en mense te laat weet wie hulle is, wat hulle doen en hoe hulle kan betrokke raak. So kan elkeen self besluit watter instansie is vir hom/haar. Die ander deel wil ons graag help om die finansiele las so bietjie ligter te maak deur instansie spesifieke fondsinsamelings projekte te loots maar spesifike op 'n vermaaklikheids en gesellige platform. Dit sal wees in die vorm van musiek feeste, markte, dames oggende, date nights en nog vele meer.
Alhoewel ons nie op die oomblik in persoon bymekaar kan kom nie, gaan niks ons keer om via sosiale media bietjie met julle te gesels en te vertel waar ons besig is en wat ons doen nie.
Ons nooi julle uit, maak met ons kontak, raak betrokke en help ons om saam 'n verskil te maak.

Hallo julle. Na aanleiding van die President se nuwe regulasies en omdat ons graag sensitief wil wees vir die huidige st...
21/06/2021

Hallo julle. Na aanleiding van die President se nuwe regulasies en omdat ons graag sensitief wil wees vir die huidige stand van sake het ons dit goed gedink om die geleentheid aan te skuif na 17 September. Ons glo en vertrou teen daardie tyd is almal reg en gesond vir 'n lekker lente kuier en sien ons vreeslik uit daarna om julle daar te sien. Daar is voorlopig nogsteeds net beperkte plek, so hoe vinniger julle kaartjies koop hoe meer verseker sal julle wees van 'n plek. Kontak ons gerus vir meer inligting.

13/06/2021

Baie dankie vir elkeen wat al by ons blad aangesluit het.
Ek vra mooi dat julle asb die volgende sal lees en ons harte sal deel.
Ons is die laaste 4 jaar gekonfronteer met die groeiende nood in ons direkte gemeenskap. Waar die nood dag tot dag net groter word om basiese behoeftes te kan voorsien. Meerderheid van ons ondervinding was onder laerskool kinders en is hartverskeurend om te sien hoe van hulle behoefte het tot iets so eenvoudig soos seep of tandepasta. Van hulle kan een keer 'n week by die skool uitkom weens vervoer probleme. Hierdie is doodgewone mense soos ek en jy wat regtig net deur die lewe en omstandighede so hard getref is hulle weet nie hoe om daar uit te kom nie. Ons missie is om ten spyte van omstandighede vir hierdie mense 'n plekkie in die son te gee deur voorsiening waar nodig maar asook deur geleenthede. Ons funksies skep n' platform vir individue of besigheid om 'n verskil te kan maak maar ook so ietsie terug te ontvang vir die bydrae. Dit gee ook die geleentheid om by ons betrokke raak indien u sou wou. Die funksies gaan ten bate van verskeie projekte in ons omgewing. Dit wissel van fondse wat ingesamel word om 'n koshuis te "bou" vir die behoeftige kinders in die skole sodat hulle onder andere elke dag by die skool kan wees tot huise van veiligheid asook instansies wat kos voorsien aan die gesinne in nood in skole. Ons vra deel asb ons blad met familie en vriende wat ons harte en ons missie sal deel en help ons om so weer hoop te bring in tye waar hopeloosheid volop gesaai is.

Kom geniet 'n lekker gesellige aand met kinder toesig beskikbaar vir kinders onder 12. Kaartjie gelde is slegs vir 12+. ...
12/06/2021

Kom geniet 'n lekker gesellige aand met kinder toesig beskikbaar vir kinders onder 12. Kaartjie gelde is slegs vir 12+. Daar is 'n welkom drankie en gelukkige trekkings ingesluit. Fondse word ingesamel vir minderbevoorregte kinders in ons omgewing. Kontak ons gerus vir enige navrae. Help ons om die woord te versprei.

Ons sien vreeslik uit na die aand.  Daar sal toesig wees vir kiddies onder 12 in 'n warm lokaal. Die aand is ten bate va...
10/06/2021

Ons sien vreeslik uit na die aand.
Daar sal toesig wees vir kiddies onder 12 in 'n warm lokaal.
Die aand is ten bate van 'n koshuis vir behoeftige kinders. Die tye is moeilik, maar saam kan ons 'n verskil maak.
Daar is wel net beperkte plek om te voldoen aan alle regulasies, so spring vinnig.

Ons gee 2 kaartjies weg!!Om te kwalifiseer doen die volgende: Like , share en tag dan ten minste 5 vriende.  Wenner sal ...
08/06/2021

Ons gee 2 kaartjies weg!!
Om te kwalifiseer doen die volgende:
Like , share en tag dan ten minste 5 vriende.
Wenner sal 25 Junie aangekondig word.

07/06/2021

Ons het soveel om na uit te sien in die komende maande. Van 'n lekker kuier saam met Lynette Beer, 'n aandjie uit by Barnyard Menlyn asook 'n lente inry piekniek vir die hele gesin. Alles ten bate van instansies wat help waar hulp regtig nodig is.

Kom kuier saam met ons op jou voorstoep🔥🔥🔥🔥🔥🔥🔥🔥
07/06/2021

Kom kuier saam met ons op jou voorstoep🔥🔥🔥🔥🔥🔥🔥🔥

Kom kuier lekker saam met ons 🔥🔥🎶🎶
04/06/2021

Kom kuier lekker saam met ons 🔥🔥🎶🎶

26/05/2021
26/05/2021
26/05/2021

Address

Pretoria
Pretoria
0035

Telephone

+27749415728

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Fund Your Cause posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category


Other Event Planners in Pretoria

Show All