19/12/2024
Goeie dag almal. Potjie, of braai?
10 LEKKER POTJIEKOS RESEPTE.
1. SOUSERIGE BEESSTERT POTJIE
BESTANDDELE :
Olie 2 groot uie geskil en in ringe gesny koekmeelblom sout en varsgemaalde swartpeper na smaak 1.7 kg beesstert, in stukke gesaag 250-500ml(1-2kop) kookwater 60 ml (¼kop wit druiwe-asyn 60ml (¼ kop) bruinsuiker 5 middelslag geelwortels skoongeskraap 4 groot aartappels, geskil en halveer 1 pakkie (50gr) beesstert soppoeier 50ml gekapte vars pietersielie
METODE :
Verhit ' n bietjie olie in die swartpot en sorter die uie daarin tot sag. Meng die koekmeelblom, sout en swartpeper. Rol die beesstersstukke in die gegeurde meel
tot dit goed bedek is.
Braai 'n paar op 'n slag in verhitte olie tot bruin.
Giet net genoeg kookwater by om die beesstert te bedek.
Voeg die asyn en bruinsuiker by en laat die vleis 2-3 ure prut tot dit amper sag is.
Voeg nog kookwater by, indine nodig. Voeg die geelwortels en aartappels by en laat prut tot die groente en die vleis sag is.
Voeg die helfte van die soppoeier by (maak pasta met water) en prut tot die sous effe verdik het.
Voeg nog soppoeier by indien nodig.
Geur met nog sout en peper, indien nodig, en strooi net voor opdiening die pietersielie oor.
Sit voor met rys
Genoeg vir 6 mense. .......................................................
2. DIE PAARLBERG-POTJIE.
(vir 8 tot 10 mense)
Vleis :
1 kg skaapskenkels ½ kg skaapnek ½ kg skaapdunrib 12 skaapstertjies
Groente :
2 groot uie, fyn gekap 300 g sampioene 3 bakhande vol gekerfde groenbone 2 groot tamaties, in kwarte gesny 1 groen soetrissie, grof gekap 5 wortels, gesny 3 koppies groenertjies 2 selderystingels, gesny 1 groot raap, in ringe gesny 6 vlapampoentjies, in kwarte gesny 2 hande vol pietersielie, fyn gekap 10 klein aartappels, heel en geskil
Geurmiddels......... ½ glas droë witwyn 8 heel naeltjies 10 wonderpeperkorreltjies ½ teelepel sout ½ teelepel grofgemaalde swartpeper 1 kaneelstokkie 1 klein rooi brandrissie 4 knoffelhuisies, fyn gekap
'n paar takkies vars tiemie
Metode :
... Braai die skaapstertjies in ’n bietjie olie in die pot.
Sodra die vet uit die sterte kom, voeg die res van die vleis by en braai dit totdat dit bruin word.
Voeg al die geurmiddels by die vleis en braai alles saam vir ’n halfuur.
As dinge droog begin lyk, kan jy water of wyn bygooi.
Jou vleis moet in ’n sousie swem.
Ná ’n halfuur pak jy die groente bo-op die vleis, in die volgorde soos dit genoem word.
Die pot word nie nou geroer nie.
Laat hom vir sowat twee uur prut.
Hou die pot toe, maar skuif die deksel elke halfuur vir 5 minute half-oop sodat die rook die kos kan geur.
Roer die pot net voor bediening één keer voordat jy dit met rys voorsit.
.......................................................
3. Wildspotjie
2 kg wildsvleis, in porsies gesny – verkieslik nek, rib, skenkel en lendetjops rooiwyn druiweasyn
Sous :
750 ml rooiwyn 300 ml port 250 ml blatjang 500 ml water 30 ml gemengde gedroogde kruie 25 ml aromat 5 ml knoffel 6 kruienaeltjies 4 lourierblare 60 ml olyfolie 15 ml gekapte knoffel 100 ml brandewyn 250 g spekvleis, gesnipper 1 groen soetrissie, grof gesny 4 selderystingels, grof gesny
1 groot ui, grof gekap 20 klein aartappeltjies, geskil 8 wortels, in dik skywe gesny 250 g ontpitte pruimedante 250 g droëperskes 250 g knopiesampioene 16 piekeluitjies halwe rooi soetrissie, in groot blokke gesny halwe geel soetrissie, in groot blokke gesny 12 songedroogde tamaties 250 ml vars room
vars, gekapte pietersielie
Metode :
Marineer die vleis oornag in n mengsel van gelyke dele rooiwyn en druiweasyn. Meng die bestanddele vir die sous en hou dit eenkant.Verhit die olyfolie in die potjie en roerbraai die vleis 5 minute lank.Voeg die knoffel, brandewyn en spekvleis by en roerbraai dit nog 5 minute lank. Voeg die soetrissie, seldery en ui by en dan roer jy nie weer nie.
Voeg die aartappels en wortels by.
Roer die sous deeglik en giet dit bo-oor.
Sit die deksel op en laat prut dit vir ongeveer 1 uur 30 minute oor matige kole.
Voeg die pruimedante, perskes, sampioene, piekeluitjies, rooi en geel soetrissie en songedroogde tamaties by.
Sit die deksel op en prut dit vir no 30 minute lank.
Voeg die room by roer dit deur.
Graneer dit met pietersielie en bedien dadelik.
Wenk...........
Dieselfde gereg kan ook op die stoof voorberei word.
4. Spek-&-Aartappel-Potjie
1kg Medium-aartappels
Groot blok cheddarkaas
3 x Pakkies spek
Pak uie
Sout & peper
Blok botter
Vars sampioene
Pakkie wituiesoppoeier
Vars grasuie
Vars suurroom
Metode :
Stap 1: Verhit die platboompot en smelt die botter.
Stap 2: Braai die spek tot krakerig.
Stap 3: Sny aartappels in 3-5 cm-skywe en die uie in dik skywe.
Stap 4: Braai die spek en los die “vetterigheid” in die pot.
Stap 5: Pak die pot met lae van die aartappels.
Stap 6: Volg met ’n laag uie en bedek finaal met aartappels.
Stap 7: Voeg sout en peper by tot smaak.
Stap 8: Voeg sampioene by (bo-op die uie-laag).
Stap 9: Kook vir 30 minute.
Stap 10: Voeg gekapte rooiuie en suurroom by en kook vir ’n verdere 15 minute totdat aartappels sag is. Sit spek bo-op.
Stap 11: Voeg ’n laag gerasperde kaas by en prut vir 5 minute.
Opdieningsvoorstel: Geniet saam met enige vleisgereg........................................................
5. Beesvleis potjie
Al wat ek kan sê wat die resep aan betref is daar is amper 'n halwe bottel OBS in saam met rooiwyn asyn om die soet so bietjie te breek. So 1 tot 9 verhouding. (9 is die OBS).
Potjie bees vleis (genoeg om nommer 3 pot half vol te maak),
Olyf olie na smaak.
1 tsp gemaalde Coriander1 tsp Turmeric1 tsp Cumin600 ml OBS4 tbsp Maizena2 blokkies Beesstert aftreksel.Klein aartappeltjies heel met skil.
Wortel 2 cm blokkies gesny. (Genoeg vir een laag.)3 klein rooi kool koppies, kwarte gesny, en opgebreek.5 gemiddelde rooi uie, kwarte gesny en opgebreek. 2 groot rooi soet russies. groot opgesny. 8 gemiddelde grote Patats (3 cm blokke gesny) 2 pakkies sampioene Heel gelos
Metode :
Braai vleis in genoeg olyf olie en voeg speserye by. Braai tot bruin.
Gooi nou 200ml OBS met Rooiwyn Asyn in die verhouding hier bo.
Roer die uie en soet rusie in die vleis in.
Maak toe en prut vir 1 uur.
Na 1 uur sit ander bestanddele in die pot in die volgorde:
Aartappels, wortels, kool, patats en sampioene.
Los blokkies aftreksel op in klein bietjie kook water. Net genoeg om te bedek. Gooi by die res van die OBS en rooiwyn asyn soos verhouding. Meng twee eetlepels Maizena in.
Voeg dit by die bot. Sit die deksel op en prut vir 2 uur.
Los twee eetlepels Maizena in 100ml water op en voeg by die bot roer in en prut nog so paar minute om sous dik te kry.
Geniet saam met Samp of Rys of sommer net so........................................................
6. Kamp Biltong-Pasta Potjie
450g Cheddar kaas, gerasper 2 uie gekap 500g skulpie noedels 1 pakkie kaas sous 1 pakkie wit sous 1 koppie melk Sout en peper R200 gekerfde biltong 2 pakkies mushrooms 500g gekapte streeky bacon
Metode :
1. Kook pasta in water, olie en sout tot gaar. Drein die water af.
2. Meng kaas poeier met 200ml kook water tot opgelos.
2.1. Meng wit sous met 200ml kook water
tot opgelos.
2.2. Gooi kaas sous in kastrol, melk, sout en peper en witsous, saam 2 hande vol gerasperde kaas. Prut tot glade sous vorm.
3. Smeer swaarboom pot duk met margarine aan die kante
4. Braai uie en mushrooms wat gekap is in bietjie olie.
5. Gooi helfde van paste In pot, en gooi toe met biltong. Gooi dan mushrooms en uie oor.
6. Braai bacon tot gaar in bietjie olie
7. Gooi helfde van die sous oor die mengsel in pot.
8. Gooi weer pasta in die pot.
9. Gooi die bacon oor.
10. Gooi die res van die sous oor.
11. Gooi die res van die biltong oor.
12. Gooi die res van die kaas oor.
13. Laat prut op die kole tot kaas gesmelt het
.......................................................
7. Toks Van Der Linde Se Biltongpot
(Bedien 10)
. 3 uie, gekap 1 pakkie vars sampioene, opgesny 1 pakkie spek, opgesny 1 pakkie frankfurter worsies, opgesny 1 pakkie kaasworsies, (cheese grillers), opgesny 1 pak skroefnoedels 1 pakkie Tastic sampioenrys 1 pakkie Tastic Spaanse rys 720g gekerfde beesbiltong 250g gerasperde kaas
Metode :
Maak 'n swart pot warm oor die vuur en braai die uie en sampioene in olie. Geur met sout. Gooi spek by en braai 2 minute, voeg dan worsies by.
Braai 5 minute.
Gooi skroefnoedels en rys by en een ketel kookwater. Maak pot toe en prut 20 minute (hou 'n oog en gooi nog water by indien nodig). Gooi biltong oor, maak deksel toe en stoom 5 minute.
Maak oop en roer pot deur, kyk net dat dit nie droogkook nie. Gooi gerasperde kaas bo-oor en laat staan 5 minute. .......................................................
8. SKAAP-AFVALPOTJIE
2 klompe skaappens (goed skoongeskraap) water om in te kook
250ml halfsoet wit wyn sap van ½ suurlemoen
sout en varsgemaalde swartpeper 1 skaapnek
6 groot uie (gekap) 12 klein aartappeltjies
25 ml matige sterk kerriepoeier 2ml rissiepoeier
10ml donkerbruin suiker asyn om mee aan te maak
250 g droëperskes 3 tamaties, ontvel en gekap
30ml tamatiepasta
Metode : Spoel pense goed af onder lopende koue water. Sny pense in blokkies en plaas in driepootpot saam met water, wyn, suurlemoensap, sout, peper en skaapnek.
Sit deksel op, plaas pot oor matig warm kole en laat kook tot inhoud sag is-ongeveer 3-4 uur. Wanneer pensblokkies sag is en vleis van nekwerwels afval, verwyder nekwerwels, en bene van skaapnek.
Voeg uie, tamaties, en aartappels by inhoud en stowe vir nog 30 minute lank. Maak kerriepoeier, rissiepoeier, tamatiepasta en suiker met asyn aan en voeg saam met perskes by inhoud van pot.
Sit deksel op en plaas weer op vuur vir 30 minute. Roer een keer goed om en dien op........................................................
9. Beesstertpotjie
‘n Potjie kan jy nie afjaag nie, maar as jy ‘n nag in ‘n kamp oorslaap, is dit beslis die moeite werd. Laat die bevrore beesstert vakuumverpak en hou dit onderin die vrieskas totdat jy dit nodig kry.
3 eetlepels olyfolie 1kg beesstert 1 groot ui, gekap 1 koppie beesvleisaftreksel 1 koppie rooiwyn 2 eetlepels tamatiepasta 3 heel naeltjies 1 lourierblaar 1 teelepel droë tiemie sout en peper 10 heel baba-uitjies, geskil 4 selderystokke, gekap
Só maak jy...............
Tyd vir braai, ou bees! Verhit die olie in ’n pot en braai die beesstert bruin.
O, moenie huil nie… Voeg die gekapte ui by en braai dit tot sag. Gooi die aftreksel, wyn, tamatiepasta, naeltjies, lourierblaar, tiemie en sout en peper na smaak by.
Bak mooi kooltjies. Laat die vleis vir twee tot drie uur prut. Gooi nog aftreksel by as die bredie te droog word.
Kul jou hier… Wanneer die vleis van die bene af loskom, voeg die uitjies en seldery by en laat dit vir nog 20 minute prut totdat die groente sag is.
Sit die beesstertpotjie voor met rys en koolslaai.
Weg sê: As jou selderystokkies op pad die gees gee, kan jy selderysout gebruik........................................................
10. Lamb Potjiekos.
10 ml oil 800 g lamb 2 medium onions, chopped 5 medium carrots, sliced 1 bunch green beens, cut in half 10 normal patti pans 250 g mushrooms (1 punnet) 10 baby potatoes, peeled 3 medium mielies, each mielie cut in 3 pieces 5 g salt and pepper each
Instructions :
1.Heat the oil in a large, heavy black pot and fry the meat and onions until brown. Season to taste while frying.Add enough water to cover the meat (and a touch of red wine if you prefer), lower the heat and let the meat simmer for about 60-90 minutes (until tender).Add the potatoes and mielies (and any other veggies that take a long time to cook).
Make a mix of mushroom and brown onion sauce, add a bit of chutney and add this to the pot (just enough to cover the meat).
Close the lid and leave to simmer.When the first set of veggies are halfway done, add the green beans, patti pans and mushrooms – arrange these in layers over the other veggies. Add a bit of salt and more sauce if necessary.
Serve with rice or samp.3 Potjie secrets:Don’t stir the pot. Ever. You are allowed to move things around ever so slightly but never stir!Always make sure there is enough liquid at the bottom of the pot – just enough to cover the meat.
There is a difference between a potjie and a stew – don’t mix everything together, it shouldn’t look like a stew once you’re done! The meat etc. should be at the bottom with the veggies in layers – steamed to perfection. The veggies should be soft but still firm.
GENIET