17/06/2021
Liefste André en Johné!
Dankie vir die ongelooflike mooi pad wat ons saam julle 2 x pragtige mensies kon stap.
In hierdie tyd is daar soveel van julle vreugde kom steel, maar julle het as gelowiges staande gebly.
Julle troudag sou gewees het: 28 Maart 2020
Daar was soveel beplanning rondom Covid, gemengde gevoelens en baie besluite wat gemaak moes word.
Lockdown is aangekondig en het begin: 26 Maart 2020
Boodskappe is uitgestuur na gaste:
"Nie ons wil nie, maar U Wil geskied! Dit is die gebed wat ons as ouers nog die hele tyd bid vir André & Johné.
Ons aanvaar daarom dat God in beheer is van alles.
Dit is met groot hartseer dat ons almal nou in kennis moet stel dat weens die huidige COVID19 die troue tydelik uitgestel moet word.
Die nuwe datum sal op 'n latere stadium bevestig word.
Ons vra egter net dat almal nou André & Johné se privaatheid sal respekteer en eerder vir Corne of Marzanne sal kontak.
Baie Liefde - Die Ouers
Johannes 16:33
"Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin."
COVID-19 het ons almal se lewens oorrompel.
Falcodor is as gevolg van COVID-19 tot stilstand geruk!
Deur ons Hemelse Pappa Vader se genade, kon ons drome vir eendag bewaarheid word.
MENSE LEEF MOS VIR EENDAG.
Hulle droom oor eendag.
As ons kinders is, sê ons: Eendag as ek groot is.
Elke liewe mens het 'n eendaglysie, 'n droomlysie.
FALCODOR SE EENDAGLYSIE, HET BAIE TYD GEVERG TOT 'N OPGEWONDE DROOMLYSIE WAT BEWAARHEID KON WORD.
Falcodor was bevoorreg om in hierdie tydperk 'n nuwe blaadjie te kon omslaan.
André & Johné se nuwe troudatum is aangekondig vir: 27 Maart 2021
Alhoewel COVID19 reeds van die gaste se lewens kom steel het, het hierdie bruidspaar staande gebly.
Aan hierdie spesiale paartjie en hul
aangename gaste. Dankie vir die mooi manier waarop julle alles hanteer het. Falcodor salueer julle!
Mag julle huwelik geseën word met alles wat mooi is.
Ons gebed vir julle:
1 Korintiërs 13
Dankie aan ons Hemelse Pappa Vader vir U Goedheid en Guns🙏🙌