14/10/2022
KAART SPEL VIR DIE HERE
'n Jong soldaat was alleen in sy tent een Sondag oggend. Dit was stil daardie oggend …
om een of ander rede, was daar geen mortiere en veraf geweer skote hoorbaar nie.
Die soldaat het net geweet dis 'n Sondag.
'n Mens voel dit mos aan, daar is altyd iets anders, iets heiligs, aan die Sondag.
Toe haal hy 'n verweerde pak kaarte uit en sprei dit oop op sy bed.
Net toe kom 'n sersant in, sien die kaarte en vra: "Is jy nie saam met die ander manne uit vandag nie?"
"Nee Sersant," antwoord die soldaat, "ek het gedink om vandag liewer hier te bly en tyd saam met die Here deur te bring."
Geamuseerd merk die sersant op:
"Dit lyk vir my meer asof jy besig is om kaart te speel!"
"Nee, sersant sien, ons word mos nie toe gelaat om ons Bybels in hierdie land in te bring nie en nou leer ek meer van die Here met hierdie pak kaarte."
"Hoe is dit moontlik?"
vra die sersant.
"Kyk, die A herinner my daar aan dat daar net Een God is.
Die Twee wys op die twee dele van die Bybel, die Ou en die Nuwe testament.
Die Drie herinner my aan die Drie Eenheid: Vader, Seun en Heilige Gees. Die Vier staan vir die vier evangelies:
Mattheüs, Markus, Lukas en Johannes.
Die vyf herinner my aan die vyf maagde – daar was eintlik tien, maar net vyf was gereëd en het die Hemel ontvang.
Die ses dui op die ses dae waar binne God die Hemel en die aarde gemaak het.
Die sewe is vir die sewende dag, wat God een kant gesit het om te rus.
Die agt herinner my aan Noag, sy vrou, hulle drie seuns en hulle vroue.
Dit is die enigste agt mense wat God gespaar het in die son vloed.
Die nege herinner my aan die nege melaatses wat Jesus genees het.
Hy het eintlik tien genees, maar nege het nooit dankie gesê nie.
Die tien staan vir die tien gebooie wat God aan Moses gegee het, neer geskryf op twee klip plate.
Die jack herinner my aan satan.
Hy was ook eens 'n Engel van die Here, maar as gevolg van sy sluwe leuens en haat, is hy uit die Hemel geskop en nou is hy die groot joker van die fa gevuur.
Die Koningin staan vir die Bruid van God, dit is Sy kerk op aarde, sy gemeente van gelowiges wat wag dat Hy weer terug kom om haar te kom haal.
Die Koning staan vir Jesus, die Koning van alle konings en die Koning van alle tye.
As ek die aantal simbole op die kaarte tel, is daar presies 365 -
een vir elke dag van die jaar.
Dit herinner my daaraan dat God my elke dag beskerm en by my is. Daar is 52 kaarte in 'n pak –
een vir elke week van die jaar.
Dit herinner my aan hoeveel tyd ek het om vir Hom iets te doen.
Daar is vier stelle in 'n pak:
dit verteenwoordig die vier seisoene:
somer, herfs, winter en lente.
Dit herinner my aan hoe God in beheer van alles is.
So, as ek behoefte het om met die Here te praat, of om Sy stem te hoor, haal ek net my ou pak kaarte uit en dan sien ek hoe baie ek het om voor dankbaar te wees."
Die sersant was vir ‘'n hele ruk dood stil.
Toe vra hy met trane in sy oë:
"Soldaat - ek is stukkend soos 'n lekkende klei pot. Leen asseblief vir my ook jou pak kaarte...