
12/04/2025
She is fearfully and wonderfully made♡♡♡
Ps. 139:14
Fransientjie, ons oudste dogter se 1ste bal♡ En Janik, ń kind wat ek ook so te sy my eie kan noem, n hartsvriendin se pragtige seun.
Soveel trots, soveel waardering en soveel dankbaarheid dat Vader haar vir ons gegee het as oudste dogter.
Sy is pragtig, van binne en buite, ń klein yster en ń erge perfeksionis. En saam dit gee sy my soms gryshare met hoe perfek alles moet wees!!!
As ek na hierdie fotos kyk dan kry ek trane in my oë, waar is die tyd heen, en so voorreg om haar te sien grootword.
Sy laat dit maklik lyk om hard te werk aan alles, sy sit soveel moeite is, uit haar eie. Ons is trots op wie sy is.
En dan n gebed saam dit: Vader seën haar lewe, gee haar genoeg genade vrede en liefde uit U hand vir elke dag. Laat haar voluit leef en dat sy altyd haar oë op U gerig hou. Amen