Ons klein paradys na die genade water
Wonderlike MOEDERSDAG bederf gewees
Dankie Abraham . Jou harde werk is sigbaar rondom die hotel. Netjies skoon gehark
Lekker pret gehad met die diens sentrum ete
Wonderlike herrinneringe. Tannie Bessie Reinhardt se familie het kom kuier en word hulle eetsaal toe genooi deur Andrew
Met ongeloof kyk ek na my dagboek en sien dat dit oor minder as 3 weke Moedersdag is!! Julle moet asb vroegtydig bespreek vir die spesiale ete en moenie vergeet om die blomme vroegtydig te bestel nie.
Wat 'n ongelooflike Februarie was dit nie, Baie besig met al die gaste wat ingebly het. Die blomme winkel het uit sy nate gebars, soveel so dat ek baie dae nie tyd gehad het om fotos te plaas nie.
Verlede week het ons die voorreg gehad om al die familie en vriende hier te he vir Ma se groot 90 partytjie. Dankie Judy en Johnny, Niggie Antoinette en Hennie en Niggie Bertha en Jaap wat van ver gekom het om 2 naweke agter mekaar vir ma te kuier.
Andre en Janne, Roelie, Werner Kate en Aimee, en al die Stoltze - al die Badenhorste en Spesiaal Aunty Marge wie nog steeds hier is. Julle het ons baie bederf. Al die plaaslike vriende en Onie en Dolf van Mafikeng.
Hierdie naweek het die Botesse ons weer bederf met hul tuisgaan hier by ons, dis lekker om julle deel van die familie te maak hierdie naweek.
Vannaand Tannie Martie se 90ste verjaarsdag gehad. Wat 'n merkwaardige vrou. Geen skeet, gehoor en oe nog puik en doen haar eie huiwerk en tuin. Nog vele gesonde jare jou toegewens vriendin.
More weer 'n heerlike spyskaart. Bel my en bespreek.
Tot ons weer gesels - lekker slaap al die nag uiltjies