Vredenliefd Venue

Vredenliefd Venue Vredenliefd Venue is located just 6km out of Pretoria North. Liefste Bruidspaar!! Ons belowe net die beste ervaring en diens!
(1)

Vredenlief consists of a separate Chapel and Reception area within luscious green lawns and fruit orchards and can accommodate up to 200 guests. Baie geluk met julle verlowing en julle lewens en liefdesbesluit om julle blink toekoms vorentoe saam aan te pak as een! Dit is vir Vredenliefd ‘n groot voorreg en eer dat ons moontlik deel kan wees van hierdie wonderlike dag in julle lewe, en ‘n groot da

nkie van ons kant af aan julle om ons te oorweeg. Vredenliefd is gebore as ‘n passie om die volmaakte troudag en herinneringe te skep vir die bruidspaar en die gaste, met alle Vrede, Liefde en Voorspoed wat die toekoms vir julle mag inhou! Julle is welkom om ons te kontak vir hulp met enige aspek rondom die troue. Ons gee reeds soveel as moontlik in julle pakket, wat julle reëlings en bekommernisse minimaal maak! Vredenliefd is geleë so 6km uit Pretoria Noord, op ‘n grasgroen plasie van 13.5Ha. Soos die Kruger Rande is dit ‘n skatkis stukkie aarde wat weggesteek was al die jare hier reg onder ons oë. Daar is morge en morge groen grasperke wat aaneen strek sonder ophou, vrugte boorde, dennebome, moerbei bome en soveel meer. Alles werk saam in harmonie om een perfekte juweel te vorm in die hartjie van die bos, alhoewel dit net ‘n klipgooi uit die dorp is. Die Kapel is traditioneel tog modern afgewerk wat die idee van ‘n klipkerk gee, kompleet met ‘n kloktoring. Die onthaal area is in ‘n groot sirkel gebou, ook met klip pleister afgewerk, en gebaseer op die ou arenas waarin die bulgevegte paasgevind het in Spanje, met die dansvloer in die middel, en die gaste tafels in ‘n groot sirkel om die dansvloer. Met ‘n groot lig kandelaar, kandelare teen die mure en fairy lights, vorm dit die romantiese prentjie van julle leeftyd. Aan die voorkant is ‘n semi geligde verhoog, wat gedeel is in drie seksies. Dis waar die bruidstafel kom, bruidspaar se ouers kan sit of die blomme meisies en hofknapies. Dit kyk uit oor die hele onthaal, en vorm die idee van Royalty wat uitkyk oor hulle gaste in die arena. Aan die een kant van die onthaal area is die Buffet en Kombuis gedeelte, aan die ander kant die Kroeg gedeelte. Die hele venue is baie noukerend uitgelê om julle die vryheid en ruimte te gee om asem te kan haal tog is alles gerieflik naby aan mekaar. Ons sien verskriklik uit daarna om julle die Vredenliefd Venue te wys en julle drome waar te maak!

Address

7 Hoewe, Vrede
Pretoria
0001

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 08:00 - 00:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Vredenliefd Venue posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Vredenliefd Venue:

Share

Category


Other Wedding Venues in Pretoria

Show All