Ons 5de Enkel-Ouer-Kamp is UITEINDELIK hier! #newvenue. Het COVID-19 jou in jou huis vasgehok? Kom breek weg vir 4 dae, en 3 nagte! (binne gewysigde skoolvakansie)
Beleef avontuur in die natuur met oorgawe! Vanaf 24 - 27 September 2020. Kom ontspan (alleen) of saam met jou kind(ers) gedurende die laaste naweek voor die eind-eksamens afskop.
BESPREEK NOU! Slegs 40 plekke beskikbaar vir hierdie Kultuur Kamp avontuur. Geniet ‘n sonsondergang soos min – en kom besigtig ons asemrowende hemelruim om ‘n kampvuur. 'n Gebalanseerde groep behoort ongeveer 5 enkel persone, 7 enkelouers met 2 kinders asook 9 enkelouers met een kind die groep vol te maak. Die kamp vind plaas op 'n privaat-jagplaas, en bied skaduryke tentstaanplekke
Kultuur Avontuur Kamp bied 'n VEILIGE, bekostigbare wegbreek naweek vir Enkel-ouers met 'n kind (of kinders).
R1395 (1 persoon) R1890 (1 ouer 1 kind) R2530 (1 ouer 2 kinders). Dit is die volledige koste van jou wegbreek-naweek en sluit jou verblyf (eie tent) of (kamp-tent*) en 8 etes in.
Donderdag, 24 September 2020
15:00 - 19:00 Aankoms
18:05 Skemerkelkie
19:00 - 20:00 Potjiekos (+rys en roosterkoek)
20:00 - 21:00 Vuurtjie Pak & Ysbreker
21:00 - 22:00 Ontspan om Vuur
Vrydag, 25 September 2020
07:00 - 08:00 Beskuit & Koffie
08:00 - Staproete
09:00 - 10:30 Volg Binnekort
11:00 - Swembad (Kinders)
14:00 - 16:00 Ontspan
17:00 - 19:00 Wildrit stap (11 bok spesies)
19:00 - Braaivleis (+braaibroodjie, pap en 1 slaai)
21:00 - 22:00 Kitaar Kampvuur Kuier
23:00 - 01:00 Nagmars
Saterdag, 26 September 2020
07:00 - 08:00 Beskuit & Koffie
08:00 - Staproete
09:00 - 10:30 Die Slag van Donkerhoek & Brunch
11:00 - Swembad (Kinders)
14:00 - 16:00 Geocaching (slegs vir kinders - ouers ontspan)
17:00 - 19:00 Wildrit stap (11 bok spesies)
19:00 - Volg Binnekort
21:00 - 01:00 Radio Uitsending deur Kampers aan Familie & Vriende *lewendig op Radio Kuber Kontrei
Sondag, 27 September 2020
08:30 - 10:30 Ontbyt
09:00 - 10:00 Vrywillige bywoning van Kerk in die Veld of alternatiewelik stiltetyd in kampeer terrein
12:00 - Kamp amptelik klaar (welkom om te kuier)
12:01 - Handig Kampkaart in ***
13:00 - Oorskiet Kos oppak kuier!
Omgewing: Kampterrein en Plaas in die Bosveld
Selfoon Opvangs: Ja
Warm Water: Ja
Stort: Ja
Taal: Afrikaans
Omringende Dorpe: Rayton, Cullinan
Onmiddelike verwydering van perseel: Dwelms en 'n Bloubul trui
Die Fauna en Flora (nl. wild, voëls, rante, grasvlaktes, bome, vlei gebiede) BOSVELD
*Addisionele Koste R195 sien Inskrywingsvorm
** Geen Koste Opsioneel
*** Wenner ontvang 'n gratis ete vir 2 ter waarde van R300 by
Warm water en skoon ablusie-blokke vir beide mans en vrouens is beskikbaar. 24 Sekuriteit. Geen diere word toegelaat.
Wat moet jy saambring? Eie tent (maar hier is twee 6 man-tente) as jy bereid is om te deel. Eie slaapsak en eetgerei. Verversings.Ordentelike stapskoene. Kampstoel.Tennis rakette en b***e. Sonskerm. Hoed. Verkyker. Muskiet-goed. Reenjas. Swemhandoeke. FUN Attitude. Lagspiere.
Respekteer asseblief inwoners en die Wildkamp deur nie harde musiek te speel na 00:00 nie. 'n Deposito van R700 (enkel) en R860 (meer as 1) moet jou aansoek vergesel om kamp toekenning te bevestig. Finale balans teen 3 September 2020. *Vra vir Early Bird prys (volle betaling teen 1 Augustus 2020).
Kultuur Avontuur Kamp
Vra gerus vir verwysings van enkel ouers wat al bygewoon het.
Mede Gashere: Bertie Smit ( ): Volg Binnekort
Andrietta Lombard Schroeder ( ): Volg Binnekort
Paul Joubert (49): Kamp Voog Die Voortrekkers 27 kampe, Redakteur My Volk, Erfenis Aktivis, Omroeper en 'Content Writer' Radio Kuber Kontrei, Kulturele Streeksgids Gauteng - NQF4 (deur Drum Beat Academy)*
Kultuur Avontuur Kamp