Waenhuiskraal

Waenhuiskraal Hier by Waenhuiskraal word opskop boere troues gehou. Ons kuier in oupa se skuur, eet ouma se onthou-kos van pampoentert en malvapoeding.
(148)

Ons raak nostalgies, dans in Afrikaans en sing lank sal hulle lewe....
[email protected] Om die perfekte trou venue te kies om julle nuwe lewe saam te begin kan tydrowend wees en daarom wil ons dankie sê dat julle die moeite doen om meer van ons fasiliteite uit te vind. Waenhuiskraal is vanaf Rigellaan, Pretoria, 25 km uit op die Delmaspad. Waenhuiskraal se ontstaan het gekom van Afrika

ans sprekendes soos ek en jy wat die nostalgie wil vasvang van malvapoeding en pampoentert, die dorsvloer op die plaas en ouma se onthou kos, waar jy in Afrikaans kan kuier en skoffel op ‘n mieliemeel vloer. Die besonderse dag gaan net oor julle en die dag word gevier saam met familie en vriende wat altyd deel van julle lewe sal wees. Waenhuiskraal is absoluut net deur die genade van God gebou. Elke liewe baksteen, houtplanke en ure se arbeid is af gebid van ons hemelse Vader en al die eer kom na Hom. Ons sien uit daarna om julle te verwelkom by Waenhuiskraal en beloof om julle geseënde dag spesiaal te maak vir jare se herinneringe. Seënwense
Hendrik en Ansie

Address

Bapsfontein
Pretoria
1510

Opening Hours

Tuesday 07:00 - 04:00
Wednesday 07:00 - 04:00
Thursday 07:00 - 04:00
Friday 07:00 - 04:00
Saturday 08:30 - 00:00

Telephone

0719116880

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Waenhuiskraal posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Waenhuiskraal:

Share


Other Pretoria event planning services

Show All