Dan Patlansky – Me, Myself and My Strat
Fri - 28 Mar 2025 - 19:00
Fairtree Atterbury Teater/Theatre
Tickets - R230
https://www.seatme.co.za/tc-events/me-myself-and-my-strat/
DAN PATLANSKY: ME, MYSELF & MY STRAT. Get ready for an unforgettable evening as world-renowned guitarist Dan Patlansky, embarks on his latest South African tour from February 2025 – Me, Myself & My Strat. This intimate, one-of-a-kind show invites fans to experience the magic of Dan’s exceptional guitar skills and storytelling in smaller, more personal venues. The tour will feature songs from Dan’s critically acclaimed album ‘Movin’ On’, which Blues Rock Review USA named the #3 Best Blues Rock Album of 2024. Fans can also expect highlights from his recent “The Influencers tour”, where Dan paid tribute to the legends who shaped Blues Rock by performing iconic covers. Between songs, Dan will share stories that provide a deeper connection to his music and the genre’s rich history. This is more than just a performance – it’s a journey into the heart and soul of Blues Rock, guided by one of the greatest guitarists of our time. Don’t miss your chance to see ‘Me, Myself & My Strat’. It’s raw. It’s real. It’s Dan Patlansky like you’ve never seen him before. Tickets are limited, so book early to secure your spot in this exclusive musical experience!
Jak de Priester in Maanligfontein
Thu - 27 Feb 2025 - 19:00
Fairtree Atterbury Teater/Theatre
Kaartjies - R230
https://www.seatme.co.za/.../jak-de-priester-in.../
Jak de Priester in Maanligfontein.
Dit is Februarie en die maand van liefde. Dit is ook Afrikaans se 100 jaar vieringe as amptelike taal. Jak de Priester het in sy 23 jaar as sanger al ’n paar treffers geskryf… Elkeen vertel die storie van ekstase, verlange en romanse. Soms komies, soms hartseer.
’n Nuwe show met al die bestanddele van ’n aand by die bioskoop. Kom vier Afrikaans se amptelike 100jaar vieringe saam met Jak de Priester in Maanligfontein.
MARION MONROE – Marion Holm
Sat - 29 Mar 2025 - 19:00
Tickets - R220
https://www.seatme.co.za/tc-events/marion-monroe-marion-holm/
MARION MONROE – PERSVRYSTELLING Marion Holm is al ‘n gunsteling by Suid Afrikaanse gehore vir jare. Haar nuutste eenvrouvertoning, MARION MONROE, is by Aardklop benoem as BESTE NUUTGESKREWE AFRIKAANSE TEKS en het by Woordfees uitverkoop. Maar waaroor gaan MARION MONROE? “What’s in a name? That which we call a rose by any other name would smell just as sweet.” Aldus Shakespeare. So is Marion Holm steeds Marion Holm al noem mense haar Nicole Holm? Bly Marion ‘n vrou al noem mense haar meneer? Wat maak Marion Marion? Wat maak jou jy? Is dit jou naam? Maar wat dan van mense wat hulle name verander? Of is dit hoe jy lyk – maar wat as jou plastiese chirurgie jou op die ou einde soos iemand heeltemal anders laat lyk? Of word jy so gebore? Of is dit hoe jou ma jou geleer het? Maar hoekom verskil kinders van dieselfde ma en pa dan so baie? En dis waaroor MARION MONROE gaan. Holm vertel weer stories met haar tipiese Holm eerlikheid en heerlikheid om haar punt oor te dra. Daar is ‘n paar nuwe karakters, maar ou bekendes soos Nakkie bly R220 steeds deel van Holm se sketse. WAARSKUWING: Dit is nie ’n tragedie nie, net ’n komedie.
Karin Hougaard – Kaalvoet
Sun - 02 Mar 2025 - 16:00
Fairtree Atterbury Teater/Theatre
Kaartjies - R250
https://www.seatme.co.za/tc-events/karin-hougaard-kaalvoet/
“Kaalvoet”, gebaseer op Karin Hougaard se Europese toerprogram, “Kaalvoet Chansons”, onder regie van Herman van Veen is ‘n uiteenlopende program vanuit haar Amerikaanse, Europese en Suid-Afrikaanse beleweniswêrelde. Eenvoudig en eerlik, sonder enige onnodige versierings – as’t ware “kaalvoet”, nou saam met Suid-Afrikaanse musici Leon Ecroinard, Luke van der Merwe, bykomende regie Michèle Nigrini en beligtingsontwerp Jak J. Brits.
Vandag oor 2 weke!
Nataniël – CAKE TOPPER
Fairtree Atterbury Teater/Theatre
Woensdag 29 Jan tot Sondag 2 Feb!
Nataniël👤, Charl du Plessis 🎹, Juan Floors Oosthuizen🎸, Werner Spies 🪕 en Peter Auret 🥁!
🗣️3 aandvertonings!
🗣️dagvertonings!
Kaartjies op - https://www.seatme.co.za/tc-events/nataniel-cake-topper-14/
Nataniël News Page
DIE NATANIËL KERSKONSERT
Pretoria! en Hermanus!
Pretoria, NG Tygepoort op Sondag 22 Desember, 16:00
Hermanus, Sandbaaisaal op Maandag 23 Desember, 19:00
Bespreek NOU vir albei op https://www.seatme.co.za/ of gaan na nataniel.co.za/shows
Elzabé Zietsman – Vier Panado’s en ‘n Chardonnay
Sun - 01 Dec 2024 - 15:00
Fairtree Atterbury Teater/Theatre
Kaartjies: R200 - R220
https://www.seatme.co.za/tc-events/elzabe-zietsman-vier-panados-en-n-chardonnay/
Vier Panado’s en ’n Chardonnay
MET Elzabé Zietsman en Tony Bentel TEKS EN REGIE Johann Slabbert MUSIEKREGIE Tony Bentel VERVAARDIGER Drama Drama
Intelligent, snaaks, bemoedigend – dié kabaret is kuns as kuur – Netwerk24
In hierdie kabaret, ook bekend as “Ek het al so baie my *** gesien, ek is bang vir *****” vier Elzabé Zietsman haar en haar mede-Suid-Afrikaners se veerkragtigheid. As ons val, staan ons op. As die mat onder ons uitgeruk word, maak ons bollemakiesies en land op ons voete. As die wêreld om ons verander, pas ons aan. En as die wêreld om ons heeltemal uitmekaar val, drink mamma vier Panado’s en ’n glas Chardonnay en pappa steek die vuur aan. Môre probeer ons weer.
Vier Panado’s en ‘n Chardonnay het ‘n Kanna toekenning by die onlangse KKNK ontvang vir Beste aanbieding: Musiek.
“In net meer as ‘n uur bied Zietsman en Tony Bentel voor die klavier ‘n afgeronde, bedrewe vertoning aan wat salf gee, die humor uitlig in bykans als wat ons hier beleef en dan omgord sy jou met ‘n wapenuitrusting om weer in die wêreld te kan uitgaan. Zietsman en teksskrywer Johann Slabbert werk en verken ‘n groot emosionele terrein in Vier Panado’s en ‘n Chardonnay – hul aanslag is lig, intelligent, snaaks en bemoedigend.” – Laetitia Pople, Netwerk24.
Mathys Roets – In my Lewe
Sun - 17 Nov 2024 - 15:00
FFairtree Atterbury Teater/Theatre
Tickets - R220
https://www.seatme.co.za/tc-events/mathys-roets-in-my-lewe/
Mathys stel sy eerste CD, Nokturne – Die musiek van Koos du Plessis, vry in 1995.
Dit is nou 29 jaar later en elke CD of DVD wat daarna vrysgestel is verteenwoordig iets persoonliks, maar ook universeel vir die luisteraar. Die lied “In my Lewe” het ‘n boodskap vir elkeen van ons en gee ‘n gevoel van bekendheid. Kom reis saam met Mathys. Vanaf Koos, Cohen, Diamond tot Fluister, Droomvrou en In my lewe.
‘n Reis vir almal.
MMathys Roets