04/12/2019
*Rooi Brasso?*
Pieter vra my om โn gedenkdiens op die plaas vir een van die plaaswerkers te hou. Hy was die vorige naweek saam na die skou in Port Elizabeth en moes twee perde vashou. Daar het โn onderonsie tussen die twee perde ontstaan en die een het die ander een geskop. Ongelukkig was die werker tussen die twee perde en hy is op die hart getref.
Terwyl ons so tussen die perdestalle staan en oor die pragtige wingerde kyk, is dit asof die Here vir my, die plaasbestuurder, die eienaar en die handjievol plaaswerkers op die besige dag by โn stopstraat laat stilstaan om te hoor: Maak seker jou saak is reg en dat jy gedoen het waarvoor God jou geroep het. Die teks was 1 Korintiรซrs 7:17 *Elkeen moet sy lewe leef op die plek waar God hom wil hรช en daar doen wat God van hom vra.*
Die een vrou vertel na die tyd dat dit presies is wat Nado gedoen het. Hy het nie net die Here geken nie, maar presies gedoen soos wat die teks sรช. Hy was โn bak, โn stuk gereedskap, wat reg was vir God om te gebruik. Hy was nie maar net een van die weggooibare bakke wat nie eintlik geskik was vir wat dit ontwerp was nie. Nee, hy was โn duur bak, geskik om net die beste werk te doen.
En jy? Hoe lyk jou bak?
*20In โn spoggerige huis kry โn mens allerhande voorwerpe. Daar is pragtige goue of silwerbakke. Hulle word net by spesiale geleenthede uitgehaal en gebruik. Daar is ook bakke wat sommer van hout of klei gemaak is en wat elke dag gebruik word. Net so gaan dit in die geestelike lewe.*
21As iemand ontslae geraak het van al die verkeerde dinge in sy lewe en God het hom vergewe, is hy so spesiaal soos een van daardie mooi, duur bakke. Hy sal net aan die Here behoort en sal reg staan sodat sy Here hom vir enigiets kan gebruik, net waarvoor sy Here hom nodig het.
En jy? Hoe lyk jou bak?
Hierdie is nie โn moeilike gedeelte nie. Dit is eintlik baie eenvoudig. Is jou bak geskik vir die werk waarvoor jou eienaar jou nodig het? Of lรช jou bak so vol gesaai van die sonde dat die eienaar nie eintlik die bak kan of wil gebruik nie?
En jy? Hoe lyk jou bak?
God wil jou graag gebruik. Hy het jou as โn pragtige goue bak gemaak. Dalk het jy egter nagelaat om ontslae te raak van die verkeerde dinge in jou lewe en nou is jy nie meer geskik om deur die Here gebruik te word waarvoor Hy graag wou nie.
Maar gelukkig is Jesus se bloed soos Brasso wat jou kan skoon en blink maak. Jy moet net na jou eienaar gaan en jou sonde bely. Dan sal die rooi bloed, soos Brasso, jou weer skoon maak sodat God jou weer kan gebruik.
Wanneer God jou dan kom haal, dalk so onverwags soos vir Nado, moet jy hier binne jouself weet dat jy keer op keer gebruik is, want God het jou blink gehou!
*Teks*
2 Tim 2:20-26
https://www.bible.com/en-GB/bible/50/2TI.2.20-26.db
*D**k bietjie hieroor*
Watter bak is jy?
Is jou bak dalk vol verkeerde goed?
Wat keer jou om โn goue of silwer bak te wees?
*Gebed*
Here, wys my van watter dinge ek ontslae moet raak sodat ek โn pragtige bak in U hande kan wees. Ek wil graag beskikbaar en bruikbaar wees sodat U my kan gebruik waarvoor U my nodig het. Amen.
In โn spoggerige huis kry โn mens allerhande voorwerpe. Daar is pragtige goue of silwerbakke. Hulle word net by spesiale geleenthede uitgehaal en gebruik. Daar is ook bakke wat sommer van hout of klei gemaak is en wat elke dag gebruik word. Net so gaan dit in die geestelike lewe. As iemand ontsl...