Very Lekker Catering

Very Lekker Catering Delicious South African cuisine with a twist. We offer quality and professional catering in and around Rustenburg.

Our food is unique, flavorful and will leave guests wanting more!

Ek en Kopano het vir ure en ure eetgoed gemaak, gepak, aangery en die tafel interessant gedek. Nou is ons baie nuuskieri...
07/02/2025

Ek en Kopano het vir ure en ure eetgoed gemaak, gepak, aangery en die tafel interessant gedek. Nou is ons baie nuuskierig wat die gaste se reaksie was en of hulle lekker geëet het?!

Oppad met platters na Keystone Milling in Rustenburg. Elke item self en tuisgemaak!Kontak Very Lekker Catering 072718932...
06/02/2025

Oppad met platters na Keystone Milling in Rustenburg. Elke item self en tuisgemaak!
Kontak Very Lekker Catering 0727189329

Very Lekker Catering het vanoggend hierdie platters afgelaai by 'n myn se kantore. Elke item is self uitged**k, gebak, g...
31/01/2025

Very Lekker Catering het vanoggend hierdie platters afgelaai by 'n myn se kantore. Elke item is self uitged**k, gebak, gemaak. Lang ure, beplanning, aflewering en dan die Very Lekkerste beloning: " Ons het vreeslik lekker geëet, dit was hemels, dankie!"

Very Lekker Catering het vandag die  heerlikste verskeidenheid muffins, self tuisgemaak x 300, saam met botter, konfyt e...
30/01/2025

Very Lekker Catering het vandag die heerlikste verskeidenheid muffins, self tuisgemaak x 300, saam met botter, konfyt en kaas afgelewer by Laerskool Proteapark. Ook sjokolade mini muffins met die lekkerste romerige versiersuiker ☆☆☆

Vanoggend 4 vrieskaste uitgepak, uitsorteer, reg terug gepak. Daarna begin met plattereetgoed vir hierdie week se funksi...
27/01/2025

Vanoggend 4 vrieskaste uitgepak, uitsorteer, reg terug gepak. Daarna begin met plattereetgoed vir hierdie week se funksies. Intussen kort-kort kwotasies om uit te werk en te stuur. En dit neem my baie lank🫣 Die pryse uitwerk is baie moeilik! Nou sit ek bakpapier stukkies en sny vir onderin muffinpanne sodat die deeg nie moet vassit nie.
More oggend vroeg-vroeg altyd gewilde kaasskons bak vir Donderdag se funksie. Dit vries baie goed. Dan dorp toe jaag, 20km, om nog voorraad aan te koop en terug om nog ander soorte muffins te bak...700! 😛😜🫢
Kaasskons, piesang-, appel-, rooibossemelmuffins en sjokolade muffins!

Vandag was baie lekker! Baie dankie aan die Jolly Walkers van Rustenburg wat 'n lid se 80ste verjaarsdag by Very Lekker ...
24/01/2025

Vandag was baie lekker! Baie dankie aan die Jolly Walkers van Rustenburg wat 'n lid se 80ste verjaarsdag by Very Lekker Catering se afdakeetplek kom vier het! Dit was so lekker om julle te kon bederf!
Verskillende soorte tuisgebakte muffins, brode, eierroulades, gevulde pannekoeke met spek en sampioene, droë vrugte slaai, lemoenkoek en vla.
Hier kuier jy lank en lekker! Kontak Corlia 0727189329

Very Lekker Catering spit braai!!! Contact us for our quotation with options! 072 718 9329 or corliavosloo123@gmail.com ...
22/01/2025

Very Lekker Catering spit braai!!! Contact us for our quotation with options! 072 718 9329 or [email protected] Rustenburg region.

☆☆Sondagmiddagete☆☆ R169 per persoon!!!26 Jan 2025 Very Lekker Catering se afdakeetplek 20km buite Rustenburg. 072 718 9...
20/01/2025

☆☆Sondagmiddagete☆☆ R169 per persoon!!!
26 Jan 2025 Very Lekker Catering se afdakeetplek 20km buite Rustenburg. 072 718 9329 vir meer inligting.
* Tuisgebakte brood, botter, konfyte
*Lekkerste hoenderpastei
*Los frikkadelle met lekkerste sous
*Beste wit rys
*Tuinvars geroosterde groente
*Lekkerste aartappelslaai
*Mengelslaai
*Nagereg
BESPREEK voor Saterdag 24 Jan 10:00 Bring eie drinkgoed. Ek voorsien glase, tee en koffie.

Baie dankie aan almal wat vandag se Sondagmiddagete ondersteun het. Elke gereg het lank geneem om voor te berei en met j...
19/01/2025

Baie dankie aan almal wat vandag se Sondagmiddagete ondersteun het. Elke gereg het lank geneem om voor te berei en met julle wat toe so lekker geëet het, het die kos kokery absoluut die moeite werd laat voel en my binneste warm laat klop van lekkerte! 🥰🥰🥰

Very Lekker Catering moes vandag vir 'n baie groot begrafnis eetgoed gemaak het. Ek d**k vanaand aan die familie wat agt...
17/01/2025

Very Lekker Catering moes vandag vir 'n baie groot begrafnis eetgoed gemaak het. Ek d**k vanaand aan die familie wat agtergebly het. Dis so baie hartseer.

Eks besig met opwindende nuwe idees vir kwotasies! Al die hele dag besig. Dis so moeilik as jy nie rekenaar geletter is ...
14/01/2025

Eks besig met opwindende nuwe idees vir kwotasies! Al die hele dag besig. Dis so moeilik as jy nie rekenaar geletter is nie en sukkel om die regte pryse te maak🫣
Nou het ek al die verskillende opsies uitgewerk, besig om dit in te tik en dan die raaisel hoe om die check box te laat werk, waar verskillende opsies gekies moet word...🫣 En dan móés ek nou alles in Engels vertaal. Dit op sigself laat my erg stres! Ek laat weet sodra my opwindende, Very Lekker opsies voltooi is! Dis nou net die check box😝🫢🫣Weet nie eens of dit die regte woorde is nie🙃

Very Lekker Catering Rustenburg plattereetgoed, als tuisgemaak!!! Slegs tot 40 gaste😊 Kontak 0727189329Buffet Sondagmidd...
13/01/2025

Very Lekker Catering Rustenburg plattereetgoed, als tuisgemaak!!!
Slegs tot 40 gaste😊 Kontak 0727189329
Buffet Sondagmiddagete 19 Januarie. Vir meer inligting:
072 718 9329

SONDAGMIDDAGETE 19 Januarie by Very Lekker Catering se afdakeetplek oppie plaas☆☆☆20km buite Rustenburg☆☆☆072 718 9329 v...
13/01/2025

SONDAGMIDDAGETE 19 Januarie by Very Lekker Catering se afdakeetplek oppie plaas☆☆☆20km buite Rustenburg☆☆☆
072 718 9329 vir meer inligting!!! OF LIKE en kyk op my fb blad💫

Sondagmiddagete☆☆☆☆☆☆☆☆☆19 Januarie '25Moet my nuwe pot inwy!🤩R185 per persoon.(Laat weet kinders se ouderdomme vir ande...
31/12/2024

Sondagmiddagete
☆☆☆☆☆☆☆☆☆
19 Januarie '25
Moet my nuwe pot inwy!🤩
R185 per persoon.
(Laat weet kinders se ouderdomme vir ander prys) Vanaf 12:00
20km buite Rustenburg Kosterpad
Very Lekker @ afdakeetplek
*Tuisgebakte brood
*Potgebraaide dikribbredie
*Kerrie hoenderpot
*Rys en stampmielies
*Pampoenkoekies, kaneelsuiker en karamelsous
*Roomspinasie
*2 Slaaie
*Very Lekker nagereg.
*Bring eie drinkgoed. Ek verskaf glase.
Kontak Corlia
072 718 9329 Kontak my vir meer inligting.
Bespreking tot Saterdag 18 Jan 12:00

2024: Baie dankie aan elkeen wat Very Lekker Catering ondersteun het! Rustenburg bly net een van die mooiste plekke in S...
31/12/2024

2024: Baie dankie aan elkeen wat Very Lekker Catering ondersteun het! Rustenburg bly net een van die mooiste plekke in Suid-Afrika met soveel geleenthede vir elkeen wat ideale tot 'n tipe besigheid het en dit wil maak werk! Dis harde werk, heeltyd fokus en bemark. Altyd jou beste lewer en wanneer iets 'flop' dit oor te doen (gebeur met my ook!) en weer dinamies met vindingrykeid en kreatiwiteit voort te beur. Om uit die boks te d**k met jou besigheid, sodat jy iets uniek kan optower en lewer, verg baie d**kwerk en probeer. Onthou net eending: aanhouer wen! Mag 2025 vir jou net goed wees!☆☆☆

Gou kos gemaak vir skoonseun se verjaarsdag.Geroosterde groente, gewas, opgesny, saam met vars kruie uit my tuin, vars s...
19/12/2024

Gou kos gemaak vir skoonseun se verjaarsdag.
Geroosterde groente, gewas, opgesny, saam met vars kruie uit my tuin, vars suurlemoensap, grof gemaalde sout en peper, egte olyfolie en gerooster.
Ekstra dik Sirloin steaks. Lagie olyfolie opgeverf, Ina Paarman se braai & grill oorgestrooi en op die vetgedeelte Robertsons se Portuguese chicken oorgestrooi. Intussen het die riffel ysterpanne goed warm geword, netso droog. Vleis met olyfolielagie op panne gesit....het super sag gekom!
Hoenderdye met kerrie, gemmer, tamatie, rooibostee, blik pynappelsap en stukkies. Gebak tot perfeksie!
Wit rys. Sampioenroomsous. Soet pampoen. Gebraaide aartappels met egte botter, knoffel en parmesaankaas.
(Hoop ek was 'n lekker skoonma gewees!🥰)

Very Lekker Catering se laaste funksie vir 2024!Ons begin weer op 10 Januarie 2025.Kontak Corlia 072 718 9329
08/12/2024

Very Lekker Catering se laaste funksie vir 2024!
Ons begin weer op 10 Januarie 2025.
Kontak Corlia 072 718 9329

Very Lekker Catering is nou besig met skaaplamspitbraai...mmmm so very lekker!!!
06/12/2024

Very Lekker Catering is nou besig met skaaplamspitbraai...mmmm so very lekker!!!

Address

Rustenburg

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Very Lekker Catering posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Very Lekker Catering:

Videos

Share

Category