03/03/2023
4 x Lekker Resepte Wat Ouma & Oupa Nog Gemaak Het
● Kerriesult Of Brawn
(Suidwesters Maak Lekker Kos)
3 kg beesskenkels (ek gebruik ook graag ‘n mengsel van vark-pootjies (“Trotters”) “Eisbeins” en skaap-skenkels! )
5 ml swartpeper en sout
3 middelslag uie
30 ml sonneblomolie
30 ml kerriepoeier
15 ml borrie
375 ml bruinasyn
30 ml appelkooskonfyt of perskeblatjang
2 ml gemaalde koljander.
Bedek die vleis met koue water, geur met sout en peper en prut tot baie sag.
Skil die uie en sny dit in skywe.
Verhit die olie en soteer die uie, kerriepoeier en borrie daarin.
Voeg die res van die bestanddele by die kerriemengsel, verhit stadig tot kookpunt en laat afkoel.
Ontbeen die vleis en sny dit in klein stukkies op.
Voeg die kerriemengsel by die vleis en prut dit ‘n uur lank.
Giet dit in ‘n nat bak en laat afkoel.
Bedek die bak met kleefplastiek en plaas die sult in die yskas om te stol.
Dit kan tot 2 weke in die yskas gebêre word.
LET WEL:
Sult moet nie te styf wees nie. As dit die geval is, smelt dit in ‘n groot kastrol oor matige hitte en vog nog kookwater by.
Proe daaraan of dit ekstra smaakmiddels nodig het voordat dit weer gestol word.
● KERRIE SKAAP AFVAL
(Resepte vir Almal)
2 SKOON afvalle, pens en pootjies
Water
Witasyn
500 g skaap kookvleis
2 uie, grof gekap
SOUS ...
2 e matige Kerrie
1 e Masala
250 ml Bruin asyn
250 ml Suiker
250 ml Water
1 t Allspice
1 t Koljander
1/2 t fyn naeltjies
1/2 kaneel
1/2 t gemmer
4 aartappels geskil en in groot blokkies gesny.
Laat die skoon afvalle oornag week in water en witasyn mengsel.
2 lt water en 500ml asyn.
Sny die pens in repies van so 2 cm.
Pak pens en pootjies in groot casserole saam met die uie en skaapvleis.
Meng al die bestanddele van die sous en giet oor.
Meng deur.
Maak toe en sit in oond op 150 C vir 4 ure.
Sit aartappels by en bak verdere minimum van 1 en half uur voor ete.
Hoe langer hoe beter.
Verdik sous met Maizena net voor opdiening so dik soos jy dit wil he.
Bedien met rys of Samp and beans.
● Murgbene
(Voortrekker Resepte)
Murgbene - vra jou slagter om kalf/bees-murgbene in lengtes van ongeveer 8 cm te saag.
1/2 K pietersielie (gekap)
Uie baie fyn gekerf
1/2 K kappertjiesaad
Suurlemoensap
Olyfolie
Worcestersous sout
Knoffel vlokkies (Opsioneel)
Metode
Rooster die murgbene in die oond vir ongeveer 30 minute by 200℃.
Murgbene is gewoonlik gaar as die murg so effens van die been begin wegtrek.
Maak n mengsel van pietersielie, uie en kappertjiesaad.
Maak n slaaisous van die suurlemoensap, olyfolie en Worcestersous-sout en gooi dit oor pietersielie-mengsel.
● Geurige Sout Beestong Met Mosterdsous
(Resepte en Wenke)
Beestong ...
■ 1-2 gepekelde beestonge
■ 5 peperkorrels
■ 1 wortel, geskraap en in stukke gesny
■ 1 ui, in kwarte gesny
Ouma Dinah Se Mosterdsous ...
■ 250 ml suiker
■ 250 ml wit asyn
■ 3 eiers
■ 10 ml mielieblom, aangemaak met
■ 100 ml water
■ 25 ml mosterdpoeier
■ Sout en witpeper na smaak
Metode
Vir Die Tong ...
Sit die heel tonge saam met die peperkorrels, wortel en ui in ’n drukpot.
Voeg genoeg water by om die tong te bedek.
Sit die pot se deksel op en verhit tot kookpunt.
Kook vir 45-60 minute in die drukpot (of ongeveer 3 uur in ’n gewone kastrol) tot gaar en sag.
Laat afkoel en trek die membraan rondom die tonge af.
Verkoel die tonge in ’n lugdigte houer tot benodig.
Vir Die Mosterdsous ...
Klits die suiker, asyn en eiers liggies in kastrol tot die suiker opgelos is.
Meng die mielieblom, water en mosterdpoeier tot glad.
Voeg by die eiermengsel en verhit oor matige hitte tot kookpunt. Laat prut terwyl jy die sous roer tot dit verdik.
Geur na smaak met sout en witpeper.
Laat effens afkoel en bêre in ’n lugdigte houer in die yskas.
Sny die tong in skyfies en sit dit voor met die mosterdsous, growwe brood en slaaie.