25/04/2023
VIR ONMIDDELLIKE UITREIKING:
PALETTE COLLECTIW & CO. LAAT VROUE AL VIR ’N JAAR OP HULLE BESTE LYK EN VOEL
Palette CollectiW & Co. ., die klerereeks wat “ontwerp is met JOU behoeftes in gedagte”, is opgewonde om sy eerste bestaansjaar te vier.
Sedert dit in Maart 2022 die mark betree het, het items uit hierdie pragtige ontwerpersreeks omtrent van die rak af gevlieg en die aandag getrek van modeliefhebbers regoor die wêreld.
Dié klerereeks is die breinkind van die internasionale top-verkoper-skrywer, voorkomskonsultant, televisieaanbieder en motiveringspreker, Aletté Winckler , en getuig dat sy die belangrikheid van persoonlike styl besef.
Winckler is nie net die mees gekwalifiseerde voorkomskonsultant in Afrika nie, maar is ook verantwoordelik vir die ontwikkeling van die baanbreker-modetoepassing, Pocket Stylist, wat al die inligting stoor oor jou konsultasie met jou voorkomskonsultant. Dit sluit, ondermeer, besonderhede in oor jou liggaamsbou, gesigvorm, mees geskikte kleurskakerings en stylpersoonlikheid, asook wenke om op jou beste te lyk!
Kliënte wat die toepassing gebruik het, het baie gou by ons kom aanklop met die klagte dat hulle nie klere kry wat by hulle pas in die winkels nie. Toe word die gedagte gebore om ons eie reeks te ontwikkel om juis in hierdie behoefte te voorsien,” verduidelik die entrepreneur.
Omdat sy baie ervaring het as persoonlike aankoper en stilis, weet Aletté watter klere die beste by haar kliënte sal pas – selfs wanneer dit nog êrens op ’n hanger wegkruip. Haar vaardighede en kundigheid het haar die nodige agtergrond gegee om ’n reeks klere te ontwerp en ontwikkel wat voldoen aan die behoefte aan unieke en eksklusiewe klere en bykomstighede wat geskik is vir elke liggaamsvorm, styl, persoonlikheid en al 12 palette in die kleurvloeiskema.
Nie net haar eie ontwerpe word in dié versameling bevat nie, maar sy het ook kragte saamgespan met van die mees talentvolle jong ontwerpers in die land om unieke produkte te skep.
Die hoofdoel van Palette CollectiW & Co. is om vroue te help om goed te voel en lyk deur klere en kleurskakerings te kies wat hulle liggaamsbou en gelaat komplementeer. Anne Klein het een keer gesê: “Klere gaan nie die wêreld verander nie. Die vroue wat dit dra gaan.” Palette CollectiW & Co. wil die vroue help om op hulle beste te lyk en voel.
Buiten vir projekte wat reeds in die pyplyn is, word daar ook ’n groot modeparade by Laurant (Lourensford) vir later vanjaar beplan. Verder streef dié maatskappy ook na volhoubaarheid en bevat al hulle etikette saadjies om in die tuin te plant.
“Ons het die afgelope jaar baie geleer oor die industrie, kwaliteitsbeheer en kliëntediens. Dit is heerlik om terugvoer te kry van tevrede kliënte van oraloor en te weet ons plan het gewerk,” sê Aletté. “Ons wil aanhou om vroue te bemagtig om kwaliteit items te koop, wat hulle sak, sowel as hulle styl, sal pas.
Vir meer inligting oor Palette CollectiW & Co. en om jou persoonlike styl te ontsluit, besoek www.collectiwco.com.
SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/PaletteCollectiW.Co
Instagram:
Webwerf: www.collectiwco.com
PUBLISITEIT & BEMARKING:
Starburst Promotions
Alishia Van Deventer Full