Tuinjong SA

Tuinjong SA I love working outside with plants and people - creating spaces that are functional and beautiful.

  met Tuinjong SA Fresh produce shelves will be emptyBees are critical in our food production. Today is  . Spend some ti...
19/08/2023

met Tuinjong SA

Fresh produce shelves will be empty

Bees are critical in our food production. Today is . Spend some time to give it a thought of how bee friendly is your garden.

International studies and research by SANBI showed that populations of bees (the most important polinators for plants, read: food) are seriously under threat. Which means fresh produce shelves will be empty without bees if we don't urgently do something to protect and encourage them.

Look out for a workshop in your area on the importance of bees in the garden, how to attract them and how to host them. Or consult a bee expert or your local nursery.

To bee or not to bee is not (even) the question anymore...

Read more here:
http://biodiversityadvisor.sanbi.org/industry-and-conservation/conservation-and-agriculture/agricultural-research/pollination-and-pollinators/

Shop @ Tuinjong SA Kry jouPlant- en blomdecor by Tuinjong SA D**k blomme en / of plante, en Tuinjong kan jou help.Of jy ...
16/08/2023

Shop @ Tuinjong SA

Kry jou
Plant- en blomdecor
by Tuinjong SA

D**k blomme en / of plante, en Tuinjong kan jou help.

Of jy nou
-- iets wil verplant of verplant wil hê
-- blisversierings met blomme of plante soek vir jou tafel tuis of vir 'n event
-- skaars / interessante plante soek

Tuinjong kan jou help

Kyk die prentjies hieronder vir 'n paar voorbeelde.

Of WhatsApp 'n prentjie van wat jy in gedagte het.

Kwotasies beskikbaar of aanvraag

15/08/2023

Besoek aan Haarlem

Dali en Gaudi vertoning by Fabrique des Lumières

Beslis 'n hoogtepunt was
Fabrique des Lumieres se vertoning van die werk van Dali en Gaudi.

Ek's nou nog sprakkeloos...

Verbeel jou 'n vertoning van lig -- 'n slideshow cm movie -- teen die dak en mure, op die vloer, oral óór jou en óm jou, op die klankbaan van Pink Floyd se Dark Side of the Moon...

Mindblowing is al wat ek kon uitkry

Ons het daarna teruggekeer Haarlem toe en gaan pizza eet by een van Emma en Karl se gunsteling eetplekkies, 'n tipiese Italiaanse restaurant met pizza uit die Hemel. Net om tot verhaal te kom

Besoek aan HaarlemEk moes gou vinnig 'n laaste draai maak in Amsterdam. My museumbesoeke was wonderlik maar ek moes net ...
15/08/2023

Besoek aan Haarlem

Ek moes gou vinnig 'n laaste draai maak in Amsterdam. My museumbesoeke was wonderlik maar ek moes net terugkeer om die stad bietjie te verken -- net vir oulaas -- voor ek vir Emma in Sloterdijk kry om die aand Fabrique des Lumières se vertoning van Gaudi en Dali se werk te gaan kyk.

Besoek aan HaarlemUitje na Amsterdam vir besoeke aan kunsmuseums Die laaste op die dag se program was die Van Gogh Museu...
14/08/2023

Besoek aan Haarlem

Uitje na Amsterdam vir besoeke aan kunsmuseums

Die laaste op die dag se program was die Van Gogh Museum

Dis inderdaad 'n belewenis om voor 'n regte Van Gogh te staan, maar wat nog meer interessant is, is hoe hy en sy tydgenote mekaar beïnvloed het. En die tydelike uitstalling van minder bekende werke wat van dwarsoor die wêreld geleen word, was regtig 'n hoogtepunt.
Buite op die gras van Museumplein was daar voorbereidings aan die gang vir die Van Gogh feesvieringe wat daardie naweek sou plaasvind -- 'n installasie van honderde sonneblomme rondom 'n verhoog met klanktoerusting en 'n massiewe skerm daaragter. Ongelukkig sou ek dan reeds oppad wees huistoe in SA. Ek het vir die troos toe maar koffie gekry met 'n uitnodiging van Vincent op my servet, daarby...

Besoek aan HaarlemUitje na Amsterdam vir besoeke aan kunsmuseums Volgende op die dag se program was die Stedelijk Museum...
14/08/2023

Besoek aan Haarlem

Uitje na Amsterdam vir besoeke aan kunsmuseums

Volgende op die dag se program was die Stedelijk Museum, Amsterdam -- 'n mens kan amper 'n hele dag daarvan maak. Daar was byvoorbeeld 'n dosent wat haar studente op 'n uitstappie gebring het om na ontwerp en styl te kyk

Besoek aan HaarlemUitje na Amsterdam vir besoeke aan kunsmuseums Een dag is opsygesit vir besoeke aan die kunsmuseums in...
13/08/2023

Besoek aan Haarlem

Uitje na Amsterdam vir besoeke aan kunsmuseums

Een dag is opsygesit vir besoeke aan die kunsmuseums in Amsterdam -- Moco, Stedelijk Museum en Van Gogh-museum. Die Rijksmuseum was ongelukkig weke vooruit al uitverkoop.

Eerste op die dag se program was die Moco Museum

Tuinjong SA se   DEEL 3BESOEK AAN HAARLEMTuin- en plantwinkels oralBuiten die wilde sypaadjies en pragtige tuine in open...
08/08/2023

Tuinjong SA se

DEEL 3
BESOEK AAN HAARLEM

Tuin- en plantwinkels oral

Buiten die wilde sypaadjies en pragtige tuine in openbare ruimtes is dit ook opvallend hoe baie tuin- en plantwinkels daar oral is.

Daar's boetiekplantwinkels wat meer as net huisplante verkoop -- eerder meer dwerg vrugteboompies wat maklik in potte kan groei en interessante nuwe tuinplante maar veral 'n verskeidenheid saadmengsels wat voëls en bye lok asook luukse insekhotelle en voëlvoerders.

Dille en Kamille het 'n paar takke en verkoop die mooiste huisgoed soos emalje eetserviesstelle kombuisgereedskap, interessante tees en teetoerusting maar ook 'n lieflike verskeidenheid tuingereedskap, sade en tuinplante.
Haarlem, Netherlands

07/08/2023

Tuinjong SA se

Van kindsdag af speel ek al met plante. En ek's steeds mal daaroor -- ek doen dit sommer vir 'n lewe.

Dis tog te lekker om nuwe maniere te ontdek. En wat beter manier kan jy nou aan d**k om kinders (ook groot kinders) hulle eie tuintjie te laat begin as hierdie vrugtespeletjies.

Slaan sommer 'n paar vlieë met een klap en begin 'n waarin julle kan plant. Laat die kinders help. En oor 'n paar weke kan hulle lekker speel met die vrugte van hulle eie handewerk 🌱

Dis juis nou tyd om reg te maak om waatlemoen en spanspek te plant.



Bokasji is landwyd beskikbaar by Builderssa , Stodels Centre , Agrimark Cape Garden asook aanlyn by Earth ProBiotic, Bokashi Bran asook by my as jy sukkel om dit in die hande te kry -- klik net op my page vir WhatsApp na 0783202594

Lekker speel

Tuinjong SA se   DEEL 3BESOEK AAN HAARLEMDis vandag presies 2 maande sedert ek terug is van my eerste oorsese vakansie. ...
05/08/2023

Tuinjong SA se

DEEL 3
BESOEK AAN HAARLEM

Dis vandag presies 2 maande sedert ek terug is van my eerste oorsese vakansie. Dit was vir my so 'n oorweldigende ervaring dat ek skoon uitasem was en nie foto's van als geplaas het nie.

Ek deel dan graag vir die volgende paar dae nog foto's van my belewenisse in Nederland.

Met my laaste plasing oor my besoek het ek foto's van die wilde sypaadjies gedeel. Maar al die sypaadjies is darem nie oral wild nie. Daar's ook die mooiste voorbeelde van tuine en buite versiering met plante wat duidelik nie (net) deur die owerhede geinstalleer is en instandgehou word nie.

Tuinjong SA se   Jane Griffiths  is a highly successful food garden writer and needs no introduction. She's sharing on T...
30/07/2023

Tuinjong SA se

Jane Griffiths is a highly successful food garden writer and needs no introduction. She's sharing on TedX how we can make this planet a better place. Absolutely a must see talk

For growing, harvesting and cooking your own organic vegetables and herbs, Johannesburg-based writer, artist and gardener Jane Griffiths is possibly the most knowledgeable person we've met.

Tuinjong SA se  Grondgesondheid is krities vir boer en tuinier. Ek sê altyd spandeer al jou geld aan grondvoorbereiding....
21/07/2023

Tuinjong SA se

Grondgesondheid is krities vir boer en tuinier. Ek sê altyd spandeer al jou geld aan grondvoorbereiding. En die res van jou lewe aan die plantwerk. En hou tog om hemelsnaam ter wille van die grond(organismes) net op met ploeg en spit. En vul hulle liewer aan met die heilsame werksaamhede van bokasji.



P.S.
Mountain Streams Nursery, dis die artikel waarvan ek die ander dag gepraat het...
Grond. Grond. Grond.

“Outside the farming sector, people do not understand how important soils are to the climate. Changing farming could make soils carbon negative, making them absorb carbon, and reducing the cost of farming.”

https://www.theguardian.com/environment/2023/jul/04/improving-farming-soil-carbon-store-global-heating-target

Research data (and modeling) is showing local and global improvement of carbon sequestration via regenerative practices. Let’s spread the good word, support all our farmers, and prioritize natural practices for soil restoration!

Tuinjong SA se   Die Somerset West Village Garden is een van die ongelooflikste suksesse van  gemeenskapstuine waarvan e...
15/07/2023

Tuinjong SA se

Die Somerset West Village Garden is een van die ongelooflikste suksesse van gemeenskapstuine waarvan ek weet.

Op Nelson Mandela - dag het die publiek die geleentheid om hierdie projek te ondersteun met skenkings van droë kos om hulle kospakkies aan te vul.

Somerset West Village Garden is 'n warm en hartlike heenkome vir werklose en hawelose mense wat gereeld daar tuinwerk doen en gesonde maaltye daar kry wanneer hulle daar werk. Dinsdagoggende is die klein plasie in die hart van Somerset-Wes oop vir die publiek om plaasvars produkte daar te koop.

Die tuin is 'n groot ondersteuner van bokasji-kompostering van kombuisafval. Die publiek kan die tuin se werksaamhede verder ondersteun deur hulle kombuisafval met bokasji te behandel en dit dan aan die tuin te skenk. (Daar is bokasji en komposemmers by die tuin te koop.)

Die tuin kry gelukkig ook gereeld ondersteuning uit die breë tuingemeenskap soos met skenkings van organiese bemesting deur verskaffers uit die tuinindustrie.

On Mandela Day Tuesday 18/07 we will be collecting non- perishable foodstuffs to add to hampers for our volunteer gardeners.

“A fundamental concern for others in our individual and community lives would go a long way in making the world the better place we so passionately dreamt of.” Nelson Mandela

Tuinjong SA se   My plasings oor my besoek aan Chelsea Flower Show  waar     vanjaar baie prominent wasen oor wilde sypa...
03/06/2023

Tuinjong SA se

My plasings oor my besoek aan Chelsea Flower Show waar vanjaar baie prominent was
en oor wilde sypaadjies in Haarlem verdien bietjie perspektief.

Gertrude Jeckyll is legendaries vir hierdie wilde soort tuine. Sy het as'nt ware hierdie styl van tuinmaak gevestig met haar navorsing daaroor en breedvoerige dokumentering daarvan. Haar tuin is ook nou 'n 'erfenistuin'.
https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=7087577837925352&id=481082741908261&mibextid=Nif5oz

Buiten dat onkruide allerhande bestuiwers lok asook predatore wat kan help met plaagbeheer in die tuin het hulle dikwels baie diep wortelstelsels wat die grond porieus en dus toeganklik, maak vir reënwater om dieper in die grond in te gaan. Hierdie diep wortelstelsels bring dikwels ook allerhande minerale en voedingstowwe na die oppervlak tot in hulle blare met die gevolg dat wanneer die onkruide afsterf en verrot dit dan in die bogrond beskikbaar is.

Tog wil 'n mens nie dat onkruide die tuin heeltemal oorneem nie. Wat ek dan gewoonlik doen is om eenvoudig die getal onkruide te beheer en doodeenvoudig sommige van hulle bloot af te knip wanneer hulle klaar geblom is en vóór die sade ryp is.

Gardens llustrated het pas ook 'n interessante artikel gepubliseer oor wat maak tuinplante tuinplante en onkruide onkruide. Tog te interessant om dit te lees.


Plants usually described as weeds are making a prominent appearance in this year's Chelsea Flower Show gardens, but what's the reality of having weedy gardens? Ken Thompson takes a step back to explore

31/05/2023

Tuinjong SA se

Altyd lekker om interessante tuingoed raak te loop. Hierdie storie van Jan Hendrik is een van die groot lekkertes wat ek onlangs raakgeloop het: Van tuin tot tafel was nog altyd my ding...

Maar hierdie is so 'n lekker vars aanslag. Wie het in elk geval gesê tuingereedskap is net vir tuinmaak. 😜

Tuinjong SA se   DEEL 3BESOEK AAN HAARLEMDAG 3Ek het heerlik gerus en net bietjie rondgeloop in die omgewing. Sedert ek ...
30/05/2023

Tuinjong SA se

DEEL 3
BESOEK AAN HAARLEM

DAG 3
Ek het heerlik gerus en net bietjie rondgeloop in die omgewing. Sedert ek hier in Haarlem aangekom het verkyk ek my aan die wilde sypaadjies.

Dis opvallend hoe feitlik alle middelmannetjies en sypaadjies heeltemal met rus gelaat word om wild te groei. Hier en daar word die wilde blomsaad selfs aangevul met ekstra sade wat ingesaai word.

Ek het al dikwels gewonder oor die middelmannetjies op die Strandpad by Stellenbosch Gholfklub / Paradyskloof / Technopark / Jamestown....

Is dit werklik nodig om dit heeltyd af te maai?

Tuinjong SA se   Deel 3MY KUIER IN HAARLEM DAG 2Ons is vroegdag uit Haarlem weg per trein oppad na Den Haag. Daar aangek...
29/05/2023

Tuinjong SA se

Deel 3
MY KUIER IN HAARLEM

DAG 2

Ons is vroegdag uit Haarlem weg per trein oppad na Den Haag. Daar aangekom het ons die plek bietjie gaan verken voor ons gaan eet by een van Emma en Karl se gunsteling eetplekke, Kimchi House -- 'n Koreaanse kulinêre belewenis sonder weerga!
Daar's opvallend baie straatkuns. Tot die trappe op in 'n winkelsentrum in het 'n digitale kunswerk wat konstant afwissel.

Na ete is ek en Emma na die Hortus Botanicus Leiden. Daar het ons heelwat interessante plante gesien.

Daarna het ons deur 'n Japanese straatmark gestap oppad na die Burg waar 'n mens die lieflike uitsig oor die stad en sy ryke geskiedenis oor 360° kan sien. En natuurlik roomys langs die pad langs een van die gragte geniet

Tuinjong SA se   Deel 3MY KUIER IN HAARLEM DAG 1 Ons ry vroegdag fiets naby die huis in Haarlem en  besoek later die Hor...
28/05/2023

Tuinjong SA se

Deel 3
MY KUIER IN HAARLEM

DAG 1

Ons ry vroegdag fiets naby die huis in Haarlem en besoek later die Hortus Botanicus Amsterdam (botaniese tuin) en kuier bietjie rond by die lieflike straatmark wat herinner aan die Dorp Street Sunday Market in Stellenbosch -- net baie groter verskeidenheid, maar dieselfde vibe. Daar's 'n fabelagtige plantstalletjie voor 'n plantwikkel waar jy enige iets van olyfbome en vyebome tot huisplante kan koop. Die kwaliteit en verskeidenheid in so 'n beperkte spasie sal menige kwekery in SA op hulle neuse laat kyk.

Daarna is dit tyd vir bitterballen en frit. En natuurlik bier.

Die aand gaan kyk ons 'n baie interessante vertoning -- 'n strykkwartet wat shows by kerslig hou altyd in 'n baie spesiale venue. Aangebied deur Candlelight Concerts by Fever

Hierdie keer was dit in 'n sirkelvormige saal in Felix Meritis, 'n historiese gebou opgerig in 1777 as 'n sentrum vir die bevordering van kultuur, wetenskap en kuns. Derduisende kerse rondom die verhoog in die middel en reg rondom die teater hoogop op 'n lysie teen die mure, was die enigste beligting. Op die program vir die aand, musikale verwerkings (spesifiek vir 'n strykkwartet) van die Duitse 'industrial punk' groep, Rammstein .

Verbeel jou, hierdie musiek op strykinstrumente....
Maak jou gordel vas!

'Du Hass' van Rammstein https://youtu.be/W3q8Od5qJio

En: Ich will
https://youtu.be/EOnSh3QlpbQ

Ek het steeds hoendervleis. Awesome stuff!!!

Tuinjong SA se   Deel 2 MY KUIER IN BROADSTAIRS, KENTDAG 5Alles kom tot 'n einde...Ook die Beste dag van my leweVertrek ...
27/05/2023

Tuinjong SA se

Deel 2
MY KUIER IN BROADSTAIRS, KENT

DAG 5
Alles kom tot 'n einde...

Ook die Beste dag van my lewe

Vertrek met EasyJet. Gatwick na Schiphol, Amsterdam. My kind kom my haal. Blye weersiens. Ons ry per bus na Haarlem waar hulle woon. Openbare vervoer hier is net so maklik.

Wens minibus taxi's kon ook met kaarte operate in SA. Wonder of treine ooit weer sal loop 🤔

Tuinjong SA se   Deel 2 MY KUIER IN BROADSTAIRS, KENTDAG 4My blitstoer van LondenGlo dit (net) as jy wil:Ná ons besoek a...
27/05/2023

Tuinjong SA se

Deel 2
MY KUIER IN BROADSTAIRS, KENT

DAG 4
My blitstoer van Londen

Glo dit (net) as jy wil:
Ná ons besoek aan Chelsea Flower Show het ons sowaar die belangrikste bakens in Londen ook nog kafgedraf. Ons het gerailway, gebus, langs die Teems gestap en die London Eye gesien, gemoltrein en nog klomp goed gesien...

Aan die einde van dag 4 kon ek dit amptelik aankondig:
Dis die beste dag van my lewe.

Tuinjong SA se   Deel 2 MY KUIER IN BROADSTAIRS, KENTDAG 4Chelsea Flower Show 2023:The Pavillion huisves die floristry a...
27/05/2023

Tuinjong SA se

Deel 2
MY KUIER IN BROADSTAIRS, KENT

DAG 4
Chelsea Flower Show 2023:
The Pavillion huisves die floristry afdeling en uitstallings deur kwekers van allerhande plante wat daar hulle spogplante en nuwe plante uitstal. Die RHS Chelsea Flower Show New Plant of the Year is ook hier vertoon.

Tuinjong SA  se   Deel 2 MY KUIER IN BROADSTAIRS, KENTDAG 4Chelsea Flower Show 2023:TRADE STANDSDaar is heelwat sogenaam...
27/05/2023

Tuinjong SA se

Deel 2
MY KUIER IN BROADSTAIRS, KENT

DAG 4
Chelsea Flower Show 2023:
TRADE STANDS

Daar is heelwat sogenaamde Trade Stands waar verskaffers van tuindecor en ander tuinverwante produkte hulle goed uitstal (en verkoop), maar dis ook tuine.

Tuinjong SA se   Deel 2 MY KUIER IN BROADSTAIRS, KENTDAG 4Chelsea Flower Show 2023:Laaste pics van skoutuineHierdie skou...
27/05/2023

Tuinjong SA se

Deel 2
MY KUIER IN BROADSTAIRS, KENT

DAG 4
Chelsea Flower Show 2023:
Laaste pics van skoutuine

Hierdie skoutuin spreek tot die sintuie, streel die gemoed en bewerkstellig heling met hierdie welige lowergroen tuin met allerhande skakerings en teksture van groen en 'n rustige kleurskema. Die tema van heling was nogal prominent by die skou soos ook in die skoutuin van die Myeloma Association (Sien onderskrifte) en dan ten slotte wat betref die skoutuine, die tuin wat mense en kulture bymekaar bring

Tuinjong SA se   Deel 2 MY KUIER IN BROADSTAIRS, KENTDAG 4Chelsea Flower Show 2023:Nog skoutuine
27/05/2023

Tuinjong SA se

Deel 2
MY KUIER IN BROADSTAIRS, KENT

DAG 4
Chelsea Flower Show 2023:
Nog skoutuine

Tuinjong SA se   Deel 2 MY KUIER IN BROADSTAIRS, KENTDAG 4Chelsea Flower Show 2023:Skoutuine
27/05/2023

Tuinjong SA se

Deel 2
MY KUIER IN BROADSTAIRS, KENT

DAG 4
Chelsea Flower Show 2023:
Skoutuine

Tuinjong SA se   Deel 2 MY KUIER IN BROADSTAIRS, KENTDAG 4Chelsea Flower Show 2023
26/05/2023

Tuinjong SA se

Deel 2
MY KUIER IN BROADSTAIRS, KENT

DAG 4
Chelsea Flower Show 2023

Tuinjong SA se   Deel 2 MY KUIER IN BROADSTAIRS, KENTDAG 3Gister was dit tyd vir plant en nog 'n paar aankope van goed w...
25/05/2023

Tuinjong SA se

Deel 2
MY KUIER IN BROADSTAIRS, KENT

DAG 3
Gister was dit tyd vir plant en nog 'n paar aankope van goed wat nie op dag 2 in die kar kon inpas nie. Die baie groot plante en potte sal hopelik vandag nog afgelewer word. Die tyd hier in Broadstairs, Kent raak nou regtig min.

Maar vandag gaan ons vroegdag eers bietjie die besoek.

Gisteraand het ons lekker gaan uiteet by 'n hemelse Thai-restaurant in die hoofstraat, High Street wat as tweerigtingstraat so smal is as die smalste eenrigtingstraat in Stellenbosch.

Hiermee net solank 'n voorsmakie van wat hierdie als gister verrig het, manalleen. Sal later nog foto's bysit.

25/05/2023

Tuinjong SA se

se Nuwe Plant van die Jaar-toekenning is nog vars uit die oond en Cape Garden het pas aangekondig dat sal eersdaags by hulle kwekerye beskikbaar wees.

Vandag as ek en my vriendin van Broadstairs, Kent die Chelsea Flower Show besoek sal ek beslis 'n plan maak on hulle persoonlik te ontmoet.

Ek's só opgewonde. Dis my eerste oorsese besoek ooit en dan gaan ek nog boonop na die Olimpiese Spele vir tuine toe ook én ek gaan ons eie Plant Wêreld Kampioen ontmoet.

Hoe gelukkig kan mens nou wees. ek sê vir jou. Anderkant

Ek's so opgewonde soos 'n kleuter. Dis skaars 5AM en ek's reeds op 🕺🌱💃

to

Volg hierdie skakel na Cape Garden se plasing:

https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=635905815231994&id=100064377441977&mibextid=Nif5oz

Cape Town based garden centers with an online shop

*Main branch:
56 Tarentaal Rd,Joostenbergvlakte,

Tuinjong SA se   Deel 2 MY KUIER IN BROADSTAIRS, KENTDAG 2 Nou raak die tuinregruk regtig 'n avontuur. My vriendin kon b...
24/05/2023

Tuinjong SA se

Deel 2
MY KUIER IN BROADSTAIRS, KENT

DAG 2
Nou raak die tuinregruk regtig 'n avontuur. My vriendin kon bietjie wegkom by die werk en ons het by etlike kwekerye in die omgewing gaan inloer. Sy moes my omtrent heeltyd uitsleep by die een om by die volgende uit te kom. Daar's klomp. En die tyd is min....

Gelukkig werk ons met 'n plan en weet ons waarna ons soek

Die aand het ons bietjie by Charles Dickens se huis verbygestap oppad om langs die see gaan stap by Viking Bay. Op 'n helder dag kan jy duidelik sien hoe naby Frankryk aan die anderkant van die Engelsekanaal is. Dis dikwels egter mistig -- geen wonder die Vikings het besluit om hierlangs Engeland binne te val nie. Die 4 laaste foto's hieronder is by Viking Bay geneem.

Daarna moes ons darem 'n bier gaan drink by 'n tipiese local pub waar die locals uithang en wat nie so touristy is nie

Tuinjong SA se   Deel 2 MY KUIER IN BROADSTAIRS, KENTBroadstairs is die plek waar die Vikings Engeland binnegeval het om...
24/05/2023

Tuinjong SA se

Deel 2
MY KUIER IN BROADSTAIRS, KENT

Broadstairs is die plek waar die Vikings Engeland binnegeval het om dit oor te neem. Vandaar die Viking Bay waar die surfers deesdae graag uithang. Charles Dickens het ook hier kom vakansie hou. Sy huis is steeds hier en het die naam, Bleak House.
Inderdaad 'n plek met 'n oorweldigende ryk geskiedenis.

DAG 1
Ek het nie woorde nie...
Maar ek gaan kortliks probeer...

My vriende werk bedags en onnodig om te sê sit ek vroegdag buite op die dek en begin potter in die tuin. Later gaan ons Canterbury toe.

Kyk fotobyskrifte vir meer detail

Tuinjong SA se   Ek gaan kuier bietjie in Engeland by my jarelange universiteitsvriende en my kind in Holland.Onnodig om...
23/05/2023

Tuinjong SA se

Ek gaan kuier bietjie in Engeland by my jarelange universiteitsvriende en my kind in Holland.

Onnodig om te sê sal ek vashaak by die tuine en plante...

Maak jou gordel vas. And enjoy the ride.

Vir die volgende paar dae kan jy in my tuineuforie deel

Deel 1
DOHA LUGHAWE

Tuinjong SA presents Plant Propagation and Succulent Planting Masterclass with Cobus Smit Mountain Streams Nursery Book ...
02/05/2023

Tuinjong SA presents Plant Propagation and Succulent Planting Masterclass with Cobus Smit Mountain Streams Nursery

Book now:
Online at this link
or
WHATSAPP 0783202594

Tuinjong SA se   Tuinjong SA presents:Plant Propagation and Succulent Planting Masterclass by Cobus Smit Join us at Moun...
12/04/2023

Tuinjong SA se

Tuinjong SA presents:

Plant Propagation and Succulent Planting Masterclass by Cobus Smit

Join us at Mountain Streams Nursery on Saturday morning, the 6th of May with Cobus Smit garden designer and consultant for almost 30 years. Cobus is passionate about plants and gardening with major interests being food gardens (community projects country wide and private gardens) including bokasji composting, lifestyle writing about gardens, plants and flowers for his own garden page SA and magazines (Huisgenoot / YOU and Rooi Rose) , gardening with waterwise and indigenous plants, with a particular interest in indigenous edible and medicinal plants and making decorations with plants and flowers.

Come and make your own succulent plant decor, the perfect gift to make for a loved one or to decorate your own home. Cobus will show you how to multiply plants with cuttings and dividing plants

Date: Saturday 6th May 2023
Time: 10:00
Venue: Mountain Streams Nursery
Cost: R500 (includes refreshments as well as voucher for all material (pot/s or hanging basket or plant frame, plants and soil) to make your own decorations to take home. You can also bring your own pot, bowl or basket and get more plants for your voucher

Bookings: [email protected]
or WhatsApp on link below

Tuinjong SA se   Botanical Art Exhibition at Kirstenbosch National Botanical Garden soon. Save the date. Details below
03/04/2023

Tuinjong SA se

Botanical Art Exhibition at Kirstenbosch National Botanical Garden soon. Save the date. Details below

Tuinjong SA se   Altyd lekker om interessante tuingoed van nuwe plaaslike talent raak te loop. Ek kan net sien hoe Jakka...
25/03/2023

Tuinjong SA se

Altyd lekker om interessante tuingoed van nuwe plaaslike talent raak te loop. Ek kan net sien hoe Jakkals Kroon 'n vars bries kan blaas aan die binnekant sowel as die buitekant van 'n huis.

Hiermee net 'n paar foto's vir 'n lusmakertjie. Gaan kyk gerus op hulle Facebook vir meer.

Tuinjong SA se   Beslis een van die hoogtepunte op die jaarlikse tuinkalender is die Tokara Rare Plant Fair by Tokara Wi...
11/03/2023

Tuinjong SA se

Beslis een van die hoogtepunte op die jaarlikse tuinkalender is die Tokara Rare Plant Fair by Tokara Wine & Olive Farm. Jy kan dit nie misloop nie. Die tuin het weinig bekendstelling nodig en is oop vir die publiek vir die hele dag.

Address

47 Church Street
Stellenbosch
7600

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Tuinjong SA posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Tuinjong SA:

Videos

Share

Category

Nearby event planning services


Other Florists in Stellenbosch

Show All